
Sign up to save your podcasts
Or


Jean vertel my van ’n magiese ervaring wat hy op ’n verlate werf gehad het en dan span ons kragte saam om te bepaal hoe mens met tweedehandse motorhandelaars onderhandel ─ of altans enige verkoopspersoon.
In ’n wêreld wat deur sosiale media beheer word, is Instagram stories blykbaar gewild onder influencers. Maar is dit slim om ’n social media post op ’n fiets te probeer maak?
In hierdie episode gesels ons oor die belaglike petrolprys en of diesel ’n beter alternatief is. Ons kyk ook bietjie na die Mitsubishi Pajero.
Paasnaweek is op ons en ek en Jean gesels onder andere oor padveiligheid met dié dat meeste seker iewers heen gaan ry ─ of stap. Ons gesels ook oor hanepartytjies en go-karting. Veilig bly, almal!
Hoe sal jy op ’n elektriese "unicycle" vaar in die oggendverkeer op pad werk toe? Ek en Jean ondersoek interessante maniere om te reis wat nie ’n voertuig of Uber behels nie. Met ’n bietjie verbeelding kan jou reise pret en interessant raak, en wie weet, dalk raak jy nog fiks ook.
Is dit net BMW-bestuurders wat nie hulle flikkerligte gebruik nie? Jean vertel ons onder andere hoekom hy nie daarmee saamstem nie en ook hoe om die lang en oop paaie veilig aan te pak.
Ek het vir Gerriline en Adriëtte van LekkeSlaap genooi om op die langpod te kom kuier en ons het oor alle reisverwante onderwerpe gesels. Die langpad is soms maar lank en vaal, maar gelukkig het LekkeSlaap duisende lêplekke regoor Suid-Afrika vir jou om jou kop neer te lê. Hierdie week is ons oppie langpod met LekkeSlaap.
In hierdie week se Langpodwiele-episode ry ons verbeeldings weg in ’n kombi vol pret en grappies. Jean vertel ons ook hoe sy ideale kombi sal lyk ─ een wat by sy sprankelende persoonlikheid en sy kleurvolle knopieshemp pas. Geniet dit!
In hierdie week se episode kyk ons na die Suzuki Jimny, ons vind uit hoekom Jean nie van cross-overs hou nie en ons dink terug aan die goeie dae in my oupa se stasiewa.
’n Mens gaan sukkel om die langpad aan te pak as jy nie die regte voertuig het nie ─ veral op Suid-Afrika se ongerepte en ongekende terrein. Langpodwiele is ’n segment van Langpodradio wat die motorindustrie verken om sodoende uit te vind watter karre, of dan nou bakkies, ideaal sal wees om Suid-Afrika te verken. Jean Rosseau van The Shift RSA vertel ons, onder andere, van sy ervaring in die nuwe Ford Ranger Wildtrak op Hennops se 4x4-roete.
Vandat ek van die huis af begin werk het, het die idee van ’n veelvoudige terrein by my opgeduik. Ek soek skoene wat oral kan loop en ’n kar wat oral kan ry. In hierdie week se langpodblog herbesin ek oor my skielike belangstelling in 4x4's en ek delf ’n bietjie dieper om die konsep van ruie individualisme te verstaan.
From the publisher's feed