’n Mens gaan sukkel om die langpad aan te pak as jy nie die regte voertuig het nie ─ veral op Suid-Afrika se ongerepte en ongekende terrein. Langpodwiele is ’n segment van Langpodradio wat die motorindustrie verken om sodoende uit te vind watter karre, of dan nou bakkies, ideaal sal wees om Suid-Afrika te verken. Jean Rosseau van The Shift RSA vertel ons, onder andere, van sy ervaring in die nuwe Ford Ranger Wildtrak op Hennops se 4x4-roete.