
Sign up to save your podcasts
Or


Ons raak opgewonde oor ’n klein dorpie in die Mpumalanga-provinsie. Jean vertel my van sy vlieghengelervaring en ons verlustig ons in ’n bier in hierdie outentieke dorp. Sien julle op die langpad!
Na 'n klein blaaskans is ek en Jean terug met 'n nuwe seisoen van Langpodwiele. Ons skop hierdie seisoen af met dinge wat ons opgewonde maak en ons wonder wat maak ons hier op Suid-Afrika se opwindende langpad.
Hierdie week gesels ek en Jean oor verskillende stereotipes wat ons al op die pad teëgekom het. Niks persoonliks nie ─ ons was ook al ’n slagoffer van ’n stereotipe.
Hierdie week luister ons bietjie na die positiewe, vrolike en opbouende klanke van die immergewilde Mike + The Mechanics en ons stel ’n paar tunes voor waarna jy op die langpad kan luister.
Hoekom bly sekere karre langer op die mark as ander? Ek en Jean gesels oor karre wat die afgelope tyd van die mark afgehaal is en watter karre ’n sogenaamde wenresep volg.
Ek is baie opgewonde om die tunes wat ek op die langpad luister, met julle te deel. Hierdie week gesels ek en my pêl Mauritz oor Linkin Park en die voorsanger, Chester Bennington. Ons deel ook ons gunstelingliedjies waarna julle op die langpad kan luister.
Ons sluit ons mini-kampreeks af met koffie in ’n blikketel en ’n jakkals wat die biltong van die tafel af gryp. Dieregeluide en die môrestond het ryp op die grond. Hierdie week gesels ons oor die boswa.
Ons gesels kamp, karavane en Suid-Afrika se hegte sleepkultuur. Ek oortuig ook vir Jean om sy vinnige karre vir ’n visvangnaweek te verruil. Ons leef almal maar eintlik in ’n kampterrein.
Natuurlik is my bakkie beter as joune ─ ek ry hom al 30 jaar. Hierdie week gesels ek en Jean oor Suid-Afrika se bakkie-kultuur en wat een bakkie beter as die ander maak. As jy sensitief en sentimenteel oor jou bakkie is, stel ons voor dat jy steeds hierna luister.
Ons gesels rock ’n roll, punk bands en toerbusse. Ek en Jean besef ook dat ons ’n gemeenskaplike crush op Shania Twain het en ons vind uit wat Ed Sheeran graag in sy toerbus se badkamer doen.
From the publisher's feed