Mauritz is nie net ’n goeie drommer, atleet en lekker ou nie, hys ook ’n baie goeie vriend van my. Ons het al menige langpad saam gestap terwyl hy verskillende uitdagings en teleurstelling moes oorkom, en hy het! Ons gesels oor ons skool- en universiteitsdae, vervelige dayjobs, drome en die waarde van ’n gesonde leefstyl. Hierdie episode was vir my ’n leerskool en ’n inspirasie. Mauritz weet van vasbyt en aanhou, hys immers ’n goeie langafstandatleet en opgee is nie vir hom ’n opsie nie. Ek hoop julle geniet dit!