Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.... more
FAQs about Leefwêreld van die Gestremde:How many episodes does Leefwêreld van die Gestremde have?The podcast currently has 740 episodes available.
September 05, 2021Leefwêreld van die gestremde 5 September 2021Fanie du Toit vind meer uit van die werksaamhede van die ACVV se Elizabeth Roos Tehuis in Kaapstad. Jacqui January praat met'n gemeenskapslid van Hopetown oor sy passie om kinders met gestremdhede met sport te ondersteun....more22minPlay
August 29, 2021Leefwêreld van die gestremde 29 Augustus 2021Fanie du Toit kyk na die impak van gehoorverlies op die individu en sy familie en vriende. Jacqui January gesels met 'n onderwyseres by 'n skool vir gestremdes, wat polio as driejarige gekry het. Sy is 62 jaar oud. Sy kan loop, maar sukkel met skoene, want haar een voet is ‘n no. 3 en die ander voet ‘n no. 6....more26minPlay
August 22, 2021Leefwêreld van die gestremde 22 Augustus 2021Fanie du Toit vertel van uitreikprogramme vir ouers van kinders met Downsindroom. Hoe hanteer mense verliese wat by geboorte en tydens ontwikkelingsjare ervaar word? Jacqui January praat met 'n belastingpraktisyn oor die kortings waarvoor mense met gestremdhede kwalifiseer. Sy hoor wie kwalifiseer en hoe hulle te werk kan gaan met die invul van opgawes....more25minPlay
August 15, 2021Leefwêreld van die gestremde 15 Augustus 2021Fanie du Toit vind meer uit oor meervoudige sklerose en watter ondersteuning daar is vir diegene wat regstreeks geraak word. Jacqui January hoor van 'n tehuis vir volwassenes wat serebraal gestremd is. Sy gesels met 'n NGO wat emosionele en finansieële ondersteuning bied aan dié inrigting....more24minPlay
August 08, 2021Leefwêreld van die gestremde 8 Augustus 2021Fanie du Toit kyk na onderwys vir kinders met gestremdhede en ondersteuning vir hulle ouers. Jacqui January hoor van 'n gesin waar die ouers en hulle dogter blind is. Hulle vertel van hulle ervarings en stigmatisering....more24minPlay
August 01, 2021Leefwêreld van die gestremde 1 Augustus 2021Fanie du Toit hoor van hulp van toerusting wat beskikbaar is ter ondersteuning van ouers en versorgers van mense met gestremdhede. Jacqui January gesels met Yolande van Rooyen van die SA Gidshond Vereniging oor 'n inisiatief wat in dieselfde tyd as die Olimpiese Spele gebeur, en fokus op die vaardighede van gidshonde....more24minPlay
July 25, 2021Leefwêreld van die gestremde 25 Julie 2021Fanie du Toit vind meer uit van 'n sensitiseringsproses en bewusmakingsessie om mense te bemagtig om hulle houding teenoor mense met gestremdhede te verbeter. Jacqui January hoor die inspirerende storie van 'n jong vrou wat op sesjarige ouderdom begin blind word het. Sy het in haar skool- en universiteitsloopbaan daarop gefokus om so onafhanklik moontlik te wees....more26minPlay
July 18, 2021Leefwêreld van die gestremde 18 Julie 2021Fanie du Toit gesels met Gunter van der Berg wat as kind onder boelies deurgeloop het. Hy is vandag 'n persoon met 'n gestremdheid, is vol selfvertroue en het sy eie besigheid. Erica du Toit lewer 'n inset oor die doel van toegangklike parkering. Jacqui January hoor van 'n inisiatief om werkloosheid onder jongmense in die filmbedryf te verlig, en in die proses word jongmense met gestremdhede ook bevoordeel....more26minPlay
July 11, 2021Leefwêreld van die gestremde 11 Julie 2021Fanie du Toit gesels met Lise-marie Fourie en haar broer, die sanger David Fourie, oor die belangrikheid van die ondersteuning en liefde van familelede vir 'n persoon met 'n gestremdheid. Jacqui Janaury gesels met Vicki Fourie en haar ma Bonita. Vicki het gehoorinplantings, en vertel hoe die verpligte dra van maskers haar kortwiek as gehoorgestremde persoon....more27minPlay
July 04, 2021Leefwêreld van die gestremde 4 Julie 2021Fanie du Toit kyk na die impak van die ekonomiese toestand op 'n tehuis vir babas en kinders met gestremdhede. Jacqui January hoor van 'n geleentheid vir horende persone om gebaretaal te leer verstaan, te interpreteer en om sodoende met dowes te kan kommunikeer....more25minPlay
FAQs about Leefwêreld van die Gestremde:How many episodes does Leefwêreld van die Gestremde have?The podcast currently has 740 episodes available.