Mid-Morning Magic

Mid-Morning Magic

Download on the App Store

Mid-Morning Magic episodes

  • Hit the greens for their dreams at annual Reach For a Dream golf day in Bloemfontein
    Since 1988, The Reach For A Dream Foundation has brought hope, joy and healing to countless children by encouraging them to use their dreams to fight life-threatening illnesses. The foundation seeks to alleviate the strain a critical illness places on children and their families by making their dreams come true. Fulfilled dreams inspire hope, giving these young patients a reason to believe that tomorrow is worth fighting for. Heidi Rowley is the Head of Fundraising at Reach For a Dream and joins Yolanda Maartens this childhood cancer awareness month to ask you to get involved in their Bloemfontein golf day. You can also visit https://reachforadream.org.za/
    6 min
  • Die identifisering van vroeë waarskuwingstekens vir kinderkanker is van kritiese belang
    Met CHOC (Childhood Cancer Foundation South Africa) se veldtog tydens Internasionale Kinderkanker-bewustydsmaand beklemtoon die organisasie vroeë waarskuwingstekens, gesinsverhale en praktiese maniere om kinders en tieners te ondersteun by wie kinderkanker gediagnoseer is. In Suid Afrika raak Kinderkanker steeds duisende kinders, tieners en gesinne, en beklemtoon dit dus die behoefte aan groter bewustheid, vroeër diagnose en gemeenskapsondersteuning. Sonet van Zyl streekbestuurder by CHOC in die Vrystaat en Noordkaap sluit by Yolanda Maartens aan om oor die waarskuwingstekens te praat en om uit te lig hoe belangrik die rol van hul CHOC huis in Bloemfontein is vir die hele streek se pasiëntjies. Raak gerus betrokke by choc.org.za en dra goud hierdie September.
    8 min
  • Verwag ‘n dag van goeie gees by die jaarlikse Hoërskool Jim Fouché gholfdag
    Die dag is meer as net ‘n gholfdag, die dag beoog om Hoërskool Jim Fouché te ondersteun en is ‘n jaarlikse fondsinsameling geleentheid wat ondersteun word deur besighede en ywerige gholfspelers. Hoërskool Jim Fouché se Gholfdag vind plaas op Dinsdag, 22 September 2026 by die Bloemfontein Golf Club. Afslaantyd is 10:00 met ‘n “shotgun start” en ‘n BBS scramble dryf formaat. Kontak gerus Merice by 063 202 6387 vir navrae. Martin Genis, Bloemfontein Takbestuurder Avis Car Sales en Merice Erasmus, bemarker by Hoërskool Jim Fouché, sluit by Yolanda Maartens aan met al die besonderhede.
    3 min
  • Vat hande met Vrystaat Versorging in Aksie om jonk en oud te ondersteun
    Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) is ’n diensgerigte welsynsorganisasie wat deur hul 83 dienspunte ’n verskeidenheid maatskaplike dienste en ondersteuningsprogramme aan individue, gesinne en gemeenskappe lewer. Dienste strek oor die volle omvang van lewe – van die wieg tot aan die graf. Die organisasie is ‘n aangewese Kinderbeskermingsorganisasie en lewer maatskaplikewerkdienste in 16 dorpe in die Vrystaat. Die organisasie beskik verder oor uitgebreide dienste aan bejaardes wat insluit, Dienssentrums, Behuisingskemas, inrigtingversorging en nog meer. Ria Malan, Direkteur Maatskaplike Dienste en Melanie Kramer, Direkteur Bejaardesorgdienste by VVA sluit by Yolanda Maartens aan om oor VVA se behoeftes en dienste te praat.
    Kontak hul gerus by:
    071-223-0402
    https://freestatecare.co.za/hope-in-action/
    8 min
  • NWK Groephoof Uitvoerende Beampte: Pieter Kleingeld
    Yolanda Maartens gesels met Pieter Kleingeld, Groephoof Uitvoerende Beampte by NWK hoofkantoor oor hul gemeenskaps projekte, en spesifiek oor hul Grip4Charity Golfdag.
    Pieter gee ook lekker terugvoer oor hoe gaan dit met hul Ysters in Landbou inisiatief.
    5 min
  • NWK Bemarkingsbestuurder: Jacques de Wet
    Yolanda Maartens kuier in Lichtenburg by die NWK hoofkantoor, en gesels met Jacques de Wet, bemarkingsbestuurder, oor wat NWK se Ysters vir Landbou is, en waarom die inisiatief so belangrik is.
    Hul gesels oor hoe die publiek betrokke kan raak, en wat alles beplan word vir 9 Oktober.
    5 min
  • Besef jou Graad 9 die belangrikheid van vakkeuses? Die NWU se gratis “Intereset Index” kan help
    Die vakke wat leerders in Graad 9 kies, kan bepaal watter geleenthede ná matriek vir hulle beskikbaar is. Vakkeuses speel ʼn deurslaggewende rol in leerders se akademiese en toekomstige loopbaangeleenthede. Piet Steyn, senior bestuurder van studentewerwing aan die Noordwes-Universiteit het meer as twintig jaar se ondervinding en sluit by Yolanda Maartens aan om te gesels ons oor die belangrikheid van ingeligte vakkeuses. Luister gerus en besoek dan https://marketing.mynwu.info/oneprofile?source=interestindex/
    4 min
  • Akademia se na-uurse afstand opsies bied buigbaarheid vir jou studies
    Dianel Homsek, een van Akademia se nauurse afstandstudente sluit by Yolanda Maartens aan om te vertel hoe Akademia jou kan help om jou studiedrome te verwesenlik - dit terwyl jy werk of ander belangstellings najaag. Sy vertel ook watse programme beskikbaar is in hul afstandsmodel en deel haar studentelewe-ervaring. Studieaansoeke vir 2027 is reeds oop, gaan besoek gerus www.akademia.ac.za
    4 min
  • ‘Dignity Drive’ in September om fondse in te samel vir Childline Vrystaat
    Mariétha Le Roux is direkteur by Childline in die Vrystaat en sluit by Yolanda Maartens aan om te gesels oor vanjaar se Dignity Drive in samewerking met Pick ‘n Pay Fleurdal en Towers in Bloemfontein. Die fokus van die veldtog is om skenkings van die publiek te vra wat meestal toiletware behels. Op 5 September kan skenkings by Pick ‘n Pay Fleurdal gemaak word en op 26 September by Pick ‘n Pay The Towers. Vir meer inligting en om betrokke te raak kontak Mariétha gerus by 051 430 3311.
    6 min
  • Solar installasies van Romic Consulting bied uitstaande beleggings geleenthede
    Romic spesialiseer net in die beste as dit kom by hul solar tegnologie. Hul meester gesertifiseerde installeerders maak seker dat elke klient gelukkig is voor hul die perseel verlaat. By Romic is solar nie net n besigheid nie, maar n passie. Eienaar Michael Erasmus sluit by Yolanda Maartens aan om meer te vertel oor hul promosies en hoekom solar ‘n uitstekende belegging in vandag se tyd is. Vir al jou solar behoeftes kontak hulle gerus vandag nog aanlyn by romicconsulting.co.za of Sms ROMIC na 43366.
    5 min

About Mid-Morning Magic

From the publisher's feed

Mid-Morning Magic with Yolanda Maartens, weekdays, 09:00 - 12:00