“Wat het nanotenologie nou eintlik met my te doen, dis vir die wetenskaplikes,” het baie van julle seker al gemompel. Nie so nie, jou kleuter se trapfiets gaan ewe skielik langer hou, en jou lipstiffie gaan dalk langer in die son kan bak sonder om te smelt. Dr. Manfred Sciba, programtegnoloog van die WNNR, vertel.