Mense regoor die wêreld eet al eeue lank goggas of insekte, enigiets van kewers, springkane en wurms tot termiete en krieke. Die praktyk staan bekend entomofagie. Daar is meer as 2000 soorte insekte wat geëet word, en sowat tweemiljard mense is afhanklik van insekte in hulle dieet. Insekte word gebraai, gedroog, gemaal tot meel, en somtyds net so rou geëet. Insekteboerdery is besig om te groei, en selfs winsgewende te word. Fritz Klaaste vind meer uit oor goggaspyseniering.