Wit, geel, oranje, rooi, groen en blou - dit is die ses kleure van Rubik se kubus wat hordes mense ure lank besig kan hou… of frustreer. Vir 'n groep toegewydes gaan dit egter nie oor of hulle die kubus kan baas raak nie, maar oor hoe vinnig hulle dit kan oplos. Die 14-jarige Lucas Etter het onlangs die wêreldrekord van 5,25 sekondes verbeter. Hy het die oplossing in slegs 4,9 sekondes bereik! Christelle van Tonder gesels met speedcuber Abe Wickham oor hierdie stokperdjie en wat dit verg om die kubus baas te raak.