Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Middagvervolgverhaal:How many episodes does Middagvervolgverhaal have?The podcast currently has 3,021 episodes available.
June 01, 2020DIE LINGERFELDERS deur Mari Snyman - Episode 1Bets se groot dag verloop, soos gewoonlik, nie soos wat sy dit wou hê nie....more15minPlay
May 29, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 60 (slot)Dis twee weke later. Almal kom by die Bellville-huis bymekaar ná Johan se begrafnis. Buite in die tuin vertel Ben vir Pieter presies wat gebeur het, en hoe braaf sy pa was om te doen wat hy gedoen het. Chanel en Adri belowe om vir altyd getroue skoonsusters te wees. Bettie en Ma besin oor wat met hulle seuns gebeur het. Hulle besluit om in die openbaar saam te werk om bendes en rampokkers te kniehalter. "Uit hierdie slegte ding wat met ons gebeur het, moet daar tog iets goeds kom."...more16minPlay
May 28, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 59Die rooftog het gefaal. Die Steenberg-broers en die Vinnige-Boys bende moet vir die gelag betaal. Ben en kaptein Schutte praat oor wat gebeur het, en wat nog kan gebeur....more16minPlay
May 27, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 58Dis die oggend van die rooftog. Ben hou toesig as die transitotrok gelaai word. Dit word gou duidelik dat Jakes ander planne het as die wat die Steenberg-broers voor gehoop het, en daar moet vinnig besluite geneem word....more12minPlay
May 26, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 57Johan neem Ben na die grot. Hulle bespreek die finale plan van aksie vir die volgende dag se rooftog. Die familie is veilig in Langebaan, en sal daar bly totdat die rooftog verby is. Johan het ʼn nare gevoel oor die transitorooftog, en maak ʼn skokkende erkenning aan Ben oor wat hy dink sal gebeur....more15minPlay
May 25, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 56Ben en Adri beplan hulle toekoms. Hulle droom oor die kind wat hulle sal aanneem, en oor hoe daardie besluit hulle lewe sal verander. Chanel probeer om Johan te oorreed om liewers niks met Jakes en die Vinnige-Boys bende te doen nie. Nadat hulle amper weer begin stry hieroor, erken Johan aan haar dat hy en Ben se plan al uitweg is vir hom en sy familie. Hy het diep berou oor die moontlike gevolge van sy optrede. Chanel en Adri begryp uiteindelik die lewensgevaar waarin almal nou verkeer....more13minPlay
May 22, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 55Die hele familie vergader om Ma se verjaarsdag te vier. Sy is bly dat Johan en Chanel weer bymekaar is, en is verheug wanneer Adri en Ben haar vertel van die baba wat hulle wil aanneem. Die voordeurklokkie lui, en Ma maak die deur oop vir ʼn onverwagte gas......more14minPlay
May 21, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 54Jakes neem sy ma uit vir ete by ʼn duur restaurant. Soos gewoonlik probeer Bettie haar seun oortuig om nie aan die transitorooftog deel te neem nie. Jakes weier om so ʼn belofte aan haar te maak. Hy bedank haar vir al die opofferings wat sy deur die jare vir hom moes maak. Bettie glo dat hy dalk iets anders probeer sê....more14minPlay
May 20, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 53Adri en Ma ontmoet. Ben is verras om te sien hoe goed die twee oor die weg kom. Johan en Ben draai nie meer doekies om as dit by hulle planne kom nie, en Ma, Chanel en Adri word nou alles oor die rooftog vertel. Hulle hoor ook van die slim plan om hulle veilig te hou tydens en ná die rooftog....more13minPlay
May 19, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 52Johan neem sy seun na die grot, en Pieter en sy pa raak in ʼn intensiewe gesprek betrokke. Pieter wil weet van die mislukte rooftog wat sy Pa in die tronk laat beland het. Vir die eerste keer verstaan Pieter waarom Johan deel was van die mislukte rooftog, en waarom hy en Ben nou so hard werk om die Vinnige-Boys finaal agter tralies te kry. Maar sal hulle plan werk?...more15minPlay
FAQs about Middagvervolgverhaal:How many episodes does Middagvervolgverhaal have?The podcast currently has 3,021 episodes available.