Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Middagvervolgverhaal:How many episodes does Middagvervolgverhaal have?The podcast currently has 3,021 episodes available.
May 05, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 42Ben en Johan help om Ma se huis weer veilig en netjies te maak ná die vorige aand se gebeure. Hulle probeer uitvind hoekom Jakes meer en meer irrasioneel begin optree. Ma en Bettie se telefoonoproep van die vorige aand is vir hulle onverklaarbaar. Wat sou die vroue besig wees om te doen?...more12minPlay
May 04, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 41Jakes is op soek na Johan. Hy dreig Ma en wil weet waar Johan wegkruip. Ma kry dit reg om vir Bettie te bel en gee vir Jakes die foon. Jakes is briesend kwaad as hy besef die vrouens werk saam om sy planne te fnuik....more13minPlay
May 01, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 40Johan geniet aandete saam met Chanel en Pieter. Die drie van hulle praat uiteindelik met mekaar, soos ʼn familie moet praat. Johan en Chanel maak vrede, en hy slaap die nag daar. Ma, alleen tuis, hoor ʼn geraas buite en maak haar voordeur oop......more15minPlay
April 30, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 39Pieter ontvang ʼn oproep van Chanel ná sy eerste dag terug op die skoolbanke. Die kinders terg hom, en almal wil weet of sy pa weer ʼn transitorooftog gaan uitvoer. Johan oorreed Chanel om buite die salon met hom te praat. Hy probeer om vir haar te oortuig dat hy steeds vir haar en Pieter lief is, en sy verras hom met ʼn onverwagte uitnodiging....more13minPlay
April 29, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 38Jakes maak hom tuis in Adri en Ben se woonstel. Hy wil praat oor Johan en Ben se lojaliteit aan die Vinnige-Boys. Ben word met die lewe van sy verloofde gedreig as hy nie doen wat Jakes wil hê nie....more14minPlay
April 28, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 37Terwyl Adri ʼn spesiale ete vir Ben voorberei, skraap sy uiteindelik die moed bymekaar om hom te vertel dat sy nooit kinders sal kan hê nie. Wanneer hy herstel van die skok, probeer hy sy bes om Adri gerus te stel. Die voordeurklokkie lui – dit is ʼn onverwagte, en ongenooide gas....more15minPlay
April 27, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 36Ma ontvang ʼn oproep van Bettie. Hulle planne om die rooftog te probeer stop, word al hoe meer onrealisties. Hulle sal net moet moed hou en glo dat hulle iets sal kan doen. Johan ontvang ʼn oproep van Jakes. Die Vinnige-Boys is besig met die finale beplanning van die transitorooftog. Ben en Johan moet doen wat van hulle verwag word, anders is daar sports....more14minPlay
April 24, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 35Ben en Johan ontmoet na werk vir ʼn drankie. Die plan om Jakes en die Vinnige-Boys weer agter tralies te kry, begin nou realiseer. Johan praat vir die eerste keer oor wat moet gebeur as hy dalk nie die rooftog oorleef nie....more16minPlay
April 23, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 34Ma kuier by Chanel in die haarsalon waar sy werk. Terwyl Chanel Ma se hare sny, gesels hulle oor Johan en Pieter. Ma vertel vir Chanel dat sy vermoed dat Johan weer betrokke is by die beplanning van ʼn transitorooftog. Chanel wil help om die rooftog te probeer keer....more16minPlay
April 22, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 33Johan verras vir Pieter met ʼn geskenk. Die geskenk help om die ys tussen hulle te breek, en laat Johan toe om bietjie meer toenadering te soek. Jakes en Steve, ʼn bendelid, agtervolg Ben van sy werksplek af tot by ʼn restaurant. Ben probeer van hulle af wegkom. Hy bel vir Johan en wil weet hoekom die Vinnige-Boys bende hom agtervolg....more14minPlay
FAQs about Middagvervolgverhaal:How many episodes does Middagvervolgverhaal have?The podcast currently has 3,021 episodes available.