Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Middagvervolgverhaal:How many episodes does Middagvervolgverhaal have?The podcast currently has 3,021 episodes available.
April 06, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 22Pieter vertel vir Chanel van sy skoolmaats wat hom op hoogte hou met sy skoolwerk. Hy raak nou ʼn bietjie moeg om so lank in die hospitaal te bly. Hy vertel haar van ʼn ou met tatoes op sy gesig wat elke nou en dan inloer en vra hoe dit met hom gaan. Chanel bel dadelik vir Ben en sê dat sy vermoed dat een van die Vinnige-Boys bendelede op haar seun spioeneer....more13minPlay
April 03, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 21Johan oorreed Ben om hom grot toe te neem. Op pad soontoe argumenteer die twee heftig oor die geld wat Ben vermoed Johan vroeër daar versteek het. In die grot wag daar ʼn verrassing op Johan. Hoe het die Vinnige-Boys uitgevind van die grot, en wat maak hulle nou?...more15minPlay
April 02, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 20Ma word uit die hospitaal ontslaan ná ʼn aand se observasie. Ben kom haal haar, en Ma gee vir hom ʼn ultimatum oor Adri. Ben wil nie oor Adri of die beplande rooftog praat nie. Jakes bel sy ma. Bettie is bly om sy stem te hoor, en probeer hom oorreed om homself aan die polisie oor te gee....more14minPlay
April 01, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 19Ben sê vir Ma dat hy en Adri verloof is, en dat hulle van nou af saam gaan woon. Chanel laat die bom bars oor haar uittrek, en Ma se wêreld stort ineen. Ben hoef nie meer om Pieter se onthalwe by Ma te bly nie. Sal Ma al die skokke kan oorleef?...more13minPlay
March 31, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 18Ben verras Adri met ʼn spogete. Ná ete het hy ʼn baie belangrike vraag om vir haar te vra. Chanel laat Johan verstaan dat sy nie wil skei nie, en dat hy van voor af weer by haar moet kom vlerksleep. Sy verwag ook dat hy alles sal insit om vrede met hulle kind te maak....more14minPlay
March 30, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 17Jakes en Johan het ʼn middernagtelike ontmoeting buite die huis. In die donkerte vertel Jakes vir Johan in detail hoe hulle te werk sal gaan om die transitotrok te beroof. Jakes verdwyn die nag in. Ben het alles gehoor wat Jakes gesê het....more12minPlay
March 27, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 16Jakes en Johnny beroof ʼn klein supermark. Johnny vererg hom oor iets wat ʼn kassier doen, en skiet haar. Hulle kom weg met ʼn paar duisend rand. Jakes is woedend oor wat Johnny gedoen het....more13minPlay
March 26, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 15Bettie sê vir ma dat sy nog nie van Jakes gehoor het ná sy ontsnapping uit die tronk nie. Die twee maak planne om die transitorooftog te keer. Hulle planne is nie uitvoerbaar nie, maar dit pla hulle nie. Adri en Ben beplan hoe om vir Ma te laat weet dat Ben by die huis gaan uittrek. Ben laat vir Adri verstaan hoe gevaarlik die rooftog is....more14minPlay
March 25, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 14Jakes en Johnny maak planne om ʼn supermark te beroof. Jakes erken dat hy eerder sal sterf as om terug te gaan tronk toe. Ben probeer om Johan te oortuig om teen die Vinnige-Boys en hulle beplande transitorooftog te werk. Jakes bel vir Ben met instruksies oor die rooftog. Johan moet besluit of hy vir of teen die Vinnige-Boys sal wees....more13minPlay
March 24, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 13Pieter is by sy volle bewussyn. Johan en Pieter sit weer sleg vas. Ben probeer vir Johan oortuig dat Pieter wel vir hom omgee. Die Steenberg-broers kom agter dat die Vinnige-Boys bende hulle gedurig dophou....more12minPlay
FAQs about Middagvervolgverhaal:How many episodes does Middagvervolgverhaal have?The podcast currently has 3,021 episodes available.