Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Middagvervolgverhaal:How many episodes does Middagvervolgverhaal have?The podcast currently has 3,021 episodes available.
April 21, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 32Ben en Adri gesels oor die dag se werk by Cash-Move, en dit neem nie lank voor hulle oor Johan en die Vinnige-Boys bende praat nie. Ben wil eerder oor hulle toekoms en hulle ongebore kinders praat. Adri praat vinnig oor iets anders....more14minPlay
April 20, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 31Ma probeer om by Johan uit te vind wat op die dag van die rooftog gaan gebeur. Pieter en Chanel is besig om die meubels in hulle nuwe woonstel rond te skuif toe Johan bel. Die oproep maak Chanel bly en ook ʼn bietjie onrustig. Pieter wys vir sy ma sy plan in geval die Vinnige-Boys ooit die woonstel aanval....more14minPlay
April 17, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 30Pieter en Ben praat oor wat Johan vir Pieter beteken. Die seun wil weet of sy pa 'n goeie mens is. Adri deel 'n groot geheim met Chanel, en haar aanstaande skoonsuster raai haar aan om oop kaarte te speel voordat sy met Ben trou....more15minPlay
April 16, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 29Ma bel vir Ben om te kla tyd dat sy amper nooit meer vir Johan sien nie. Laatnag ontmoet Jakes weer vir Johan buite die Bellville-huis. Jakes laat weet vir Johan dat hy die geld, wat by die eerste rooftog verdwyn het, soek. Jakes vermoed ook dat Johan iets te doen gehad het met Johnny se verdwyning....more14minPlay
April 15, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 28Johan kom haal Pieter en Chanel by die hospitaal, en neem hulle na die nuwe woonstel. Almal is opgewonde oor die nuwe blyplek. Chanel en Johan begin weer vashaak oor ʼn nietigheid. Pieter plaas homself in sy pa se skoene en wonder hoe hy sou optree as die Vinnige-Boys hom afpers....more12minPlay
April 14, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 27Bettie woord laatnag wakker gemaak. Jakes het kom kuier. Hy probeer sy ma kalm hou. Bettie smeek hom om van plan te verander, maar Jakes weier. Die polisie is op pad, en Jakes moet vlug....more13minPlay
April 12, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 26Johan en Pieter is vir die eerste keer na Johan se vrylating alleen saam. Hulle vra mekaar uit oor die afgelope tien jaar, en begin ʼn eerlike gesprek voer oor hulle drome vir die toekoms. Is daar plek in hulle lewe vir mekaar?...more13minPlay
April 09, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 25Bettie en Ma ontmoet in die geheim. Hulle is onder groot druk om hulle kinders se gedrag te aanvaar, maar bly vasbeslote om ʼn stokkie voor die Vinnige-Boys se rooftogplanne te steek. Hulle seuns wilegter nie na hulle luister nie....more15minPlay
April 08, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 24Chanel vertel vir Pieter van die nuwe woonstel waar hulle sal woon wanneer hy uit die hospitaal ontslaan word. Pieter is verlig dat hy en sy pa nie onder dieselfde dak sal bly nie. Ben trek by Adri se woonstel in. Wanneer Ben van kinders praat, verander Adri skielik die onderwerp. Johan en Ma is alleen by die Bellville-huis. Hulle beraam planne om Chanel te oorreed om Johan weer as haar man te aanvaar....more15minPlay
April 07, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 23Bettie word na Jakes se jongste wegkruipplek geneem. Hoe meer Jakes vir sy ma probeer oortuig dat alles nou weer na normaal sal terugkeer, hoe minder wil sy hom glo. Bettie pleit by haar seun om nie weer aan ʼn transitorooftog deel te neem nie....more13minPlay
FAQs about Middagvervolgverhaal:How many episodes does Middagvervolgverhaal have?The podcast currently has 3,021 episodes available.