Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Middagvervolgverhaal:How many episodes does Middagvervolgverhaal have?The podcast currently has 3,021 episodes available.
March 23, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 12Pieter word stadig wakker, en is verward en angstig. Chanel probeer hom kalmeer. Pieter praat asof Johan nog in die tronk is, en Ma poog om te hom oortuig dat sy pa vry is en nou by hulle woon. Ma en Chanel begin oor alles stry. Pieter raak stiller en stiller....more13minPlay
March 20, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 11Johan is oortuig dat sy vrou wil skei, maar sy hou vol dat sy net ʼn bietjie tyd en spasie nodig het. Chanel weet dat sy Johan nog nie kan vertrou nie. Ma peper Ben met vrae oor wat met Johan en die beplande rooftog aangaan. Die hospitaal laat weet dat daar goeie nuus is oor Pieter....more14minPlay
March 19, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 10Johan en Ma waak by Pieter se hospitaalbed. As hy met sy bewustelose seun praat, vra hy vir vergifnis. Dit is die eerste keer dat Johan eerlik praat oor die gebeure van die afgelope tien jaar....more16minPlay
March 18, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 9Chanel soek Ben by sy werk. Adri stel haarself voor, en die twee vroue leer mekaar ken. Ben gesels privaat met Chanel, en sy speel oop kaarte met hom. As sy vir Ma sê wat sy wil doen, sal daar ʼn bom bars....more12minPlay
March 17, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 8In die hospitaal se familie-wagkamer ontmoet Ma vir Bettie. Die twee oumas gesels lekker saam, en spog oor hulle kinders en kleinkinders. Bettie vertel vir Ma wie sy eintlik is, en wat sy soek....more15minPlay
March 16, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 7Terwyl hulle vir nuus oor Pieter wag, gesels die familie oor die toekoms. Ma probeer om vrede tussen haar seuns te bewerkstellig. ʼn Dokter laat weet dat die operasie suksesvol was. Pieter word in ʼn mediese koma gehou, maar sal binne die volgende 24 uur wakker gemaak word. Chanel sien daarna uit om die waarheid oor sy 'val' te leer....more13minPlay
March 13, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 6Ben is vies omdat Johan nie sy bande met die Vinnige-Boys bende kan verbreek nie. Johan bel vir Jakes wat spog dat hy binnekort vry sal wees, en gee instruksies wat Ben ook insluit....more12minPlay
March 12, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 5Dis tyd vir ʼn eerlike en oop gesprek, en die Steenberg-broers ontmoet in ʼn kroeg. Johan voel verstoot deur sy familie, en glo dat hulle gelukkiger sal wees as hy verdwyn. Chanel bel met ontstellende nuus oor iets wat ʼn bendelid by die hospitaal gedoen het....more15minPlay
March 11, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 4In ʼn laatnag gesprek met sy meisie, Adri, erken Ben dat hy besorg is oor sy broer. Johan en Chanel is vir die eerste keer ná sy vrylating alleen. Chanel het nie goeie nuus vir Johan nie. Later bel sy vir Ben met die nuus dat Pieter teater toe geneem word vir ʼn noodoperasie....more16minPlay
March 10, 2020WILD EN WOEKER deur Lee Doubell - Episode 3Terwyl dokters werk om Pieter te stabiliseer, sukkel die Steenberg-familie om te verstaan wat gebeur het. Jakes bel vir Johan op Ben se foon, en lê sy planne uit vir die volgende transitorooftog. Chanel kom haal die manne om te help want Ma het inmekaar gesak....more12minPlay
FAQs about Middagvervolgverhaal:How many episodes does Middagvervolgverhaal have?The podcast currently has 3,021 episodes available.