Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Middagvervolgverhaal:How many episodes does Middagvervolgverhaal have?The podcast currently has 3,021 episodes available.
February 22, 2019DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 13Oumiesie bel en kla dat Sofia die kinders van Peet af weghou. Wanneer Sofia aflei dat Benjan nie by Peet is nie, stort sy ineen. Benson troos kastig tot sy hom wegstamp. Vossie kyk na die geiser. Hy oorreed Sofia om Peet te bel. Peet weet reeds van die foto. Hy is op pad Pretoria toe....more16minPlay
February 21, 2019DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 12Paridon wil vir Sofia 'n koerantfoto wys, maar iets val voor. Sy bel Vossie, terwyl Paridon sy suster by Coert opsoek en die foto wys. Dis van 'n verwaarloosde Great Dane agterop 'n bakkie. Die rugsak kan Paridon s'n wees. Benjan krap geheime uit....more15minPlay
February 20, 2019DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 11Coert en Sofia ontmoet in die stad. Hy vra raad met Juriana. Hy vertel hoe hulle op die Rooiplein ontmoet het. Hy bieg dat sy ouers hom vir sy boetie se dood verkwalik. Benjan deursoek Zoe se bokse vol rommel....more16minPlay
February 19, 2019DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 10By die tennisbaan beskuldig Juriana vir Coert dat hy op Sofia verlief is. Hulle maak vrede en almal eet in die tuin. Vossie daag op en dit saai onmin. Paridon bel sy pa, maar plak die foon neer toe Peet verskoning maak oor die onderhoudgeld....more15minPlay
February 18, 2019DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 9Mev. Benson skimp dat Sofia haar man moet uitlos. Trevor bel om oor Benjan uit te vra. Sofia herleef die koedoe-ongeluk, en hoe Peet daarna van haar afgevat is. Benjan oefen kitaar tot sy vingers bloei. Toe hy parmantig raak, sit Zoe die hond op hom....more15minPlay
February 15, 2019DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 8Op die lughawe word Juriana weens haar haarstyl belet om te vlieg. Paridon gaan haal haar by die Gautrein in Hatfield. Sy is verpletter. Sofia wag om van Benjan te hoor. Zoe los hom alleen met Zeppelin. Sy kom terug en verskree hom. Hy moet tuinmaak en kitaar oefen....more15minPlay
February 14, 2019DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 7Aan tafel hoor Coert meer van die gesin se lief en leed. Toe die foon lui, hoop Sofia dis Benjan. Dis egter Vossie wat vra of sy skade weens die donderweer het. Dit maak Juriana woedend. Benjan het 'n aaklige nag. Hy kom die oggend agter dat Zeppelin hom bewaak....more15minPlay
February 13, 2019DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 6Juriana en Coert speel tennis, en maak saam met Paridon aandete. Hy troos Sofia dat hy self twee keer geskei is. 'n Donderstorm bars los en die krag gaan af. In die murasie hunker Benjan huis toe....more15minPlay
February 12, 2019DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 5Op Zoe se Bosveld-plot is net 'n murasie. Sy neem alles van Benjan weg. Hy moet net sy ma laat weet hy is by sy pa. Coert en Sofia gesels lekker, tot Juriana in badhanddoek uit die stort kom. Sofia is geskok, ook oor Juriana se lang hare wat versnipper is. Benjan besef hy is ontvoer....more14minPlay
February 11, 2019DWAALPAD HUIS TOE deur Engela van Rooyen - Episode 4Benjan word opgelaai deur ene Gravin Zoe. Agterop haar ou rooi bakkie is 'n Great Dane. Sy dwing Benjan om sy ma te laat weet hy is veilig. Verlig ry Sofia in druk verkeer huis toe. 'n Man in 'n viertrek toeter vererg. Hy ry agter haar aan. Dit blyk hy is Juriana se nuwe vriend Coert....more16minPlay
FAQs about Middagvervolgverhaal:How many episodes does Middagvervolgverhaal have?The podcast currently has 3,021 episodes available.