Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Middagvervolgverhaal:How many episodes does Middagvervolgverhaal have?The podcast currently has 3,021 episodes available.
February 19, 2015PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 39Frans en Marijke arriveer in die Bainskloofpas en begin die soektog na 'n afgeleë huisie op die berg waar Madder moontlik vir Denise aanhou. Denise probeer met Madder onderhandel om haar lewe te spaar, met ironiese gevolge....more13minPlay
February 18, 2015PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 38Felicity maak vir Arlo ontbyt, en as Hadley gee hy voor dat hy kwaad is omdat sy hom nie wakker gemaak het ná die moord nie. Oscar en Frans is onder toenemende druk om Denise op te spoor. Frans los die raaisel van die Death Metal Band se naam op, en hy dink hy weet waar Denise aangehou word....more13minPlay
February 17, 2015PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 37Frans daag by die moordtoneel op by die huis waar Leanne sou woon en is net so geskok oor die wrede moord. Hy voel Marijke fokus nie op haar werk nie. Oscar vat Leanne terug huis toe waar Felicity hulle onskuldig meedeel dat Hadley reeds by haar ingetrek het, en vroeg gaan slaap het....more14minPlay
February 15, 2015PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 36Arlo keer terug om vir Denise aandete te bring. Hy vertel haar van sy plan om permanent Hadley te wees. Oscar help Leanne om haar goed na die tuinwoonstel te trek, en hulle kom af op 'n grusame toneel by haar nuwe blyplek....more13minPlay
February 13, 2015PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 35Frans besoek Marijke om te hoor of hulle enige vordering gemaak het met die soektog na Denise. Leanne vertel haar ma dat sy 'n geskikte woonstel gekry het en die volgende dag gaan uittrek. Hadley is ontsteld oor 'n konfrontasie met Frans, en huil op Marijke se skouer....more14minPlay
February 12, 2015PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 34Hadley daag op by die restaurant waar Denise ontvoer is, en help Marijke om 'n verdere leidraad te kry. Felicity vertel Leanne dat sy aangebied het dat Hadley tydelik by haar kom woon nadat Leanne uitgetrek het. Oscar plaas druk op Marijke om uit te vind waar Madder Denise aanhou, voor dit te laat is....more14minPlay
February 11, 2015PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 33Marijke daag by die restaurant op waar Denise ontvoer is, en kom ook tot die gevolgtrekking dat dit Arlo Madder se werk is. Madder hou Denise aan in 'n vertrek op 'n afgeleë plek buite Kaapstad en stel vir haar 'n angswekkende strik wat sal verhoed dat sy ontsnap....more14minPlay
February 10, 2015PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 32Frans en Oscar kry die nuus dat Denise ontvoer is, en haas hulle na die restaurant in Houtbaai. Felicity verras Leanne met 'n waterblommetjiebredie. Leanne is teleurgesteld wanneer Oscar bel en hulle fliekafspraak kanselleer....more14minPlay
February 09, 2015PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 31Marijke gee Leanne die versekering dat sy nie vir Hadley hoef bang te wees nie. Denise is kwaad vir Frans omdat hy Oscar gevra het om met haar te kom praat oor hulle verhouding. Oscar vra Frans of hy sou belangstel in 'n klandestiene ondersoek in Ierland....more13minPlay
February 06, 2015PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 30Leanne is vasbeslote om haar eie blyplek te kry, ten spyte van Felicity se pogings om haar tuis te hou. Oscar vra Denise om Frans ruimte te gee en verwittig haar ook dat hy iemand anders gaan aanstel om haar op te pas. Marijke kom vorendag met 'n oortuigende teorie wat Hadley se vreemde gedrag verklaar....more13minPlay
FAQs about Middagvervolgverhaal:How many episodes does Middagvervolgverhaal have?The podcast currently has 3,021 episodes available.