Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Middagvervolgverhaal:How many episodes does Middagvervolgverhaal have?The podcast currently has 3,021 episodes available.
February 05, 2015PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 29Leanne wil op haar eie gaan woon, maar Felicity is glad nie gelukkig hieroor nie, en waarsku haar dat Arlo Madder steeds op vrye voet is. Frans vra Oscar om met Denise te praat, aangesien hy voel sy is besig om hulle professionele verhouding te vertroebel....more13minPlay
February 04, 2015PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 28Marijke is nie gelukkig met Hadley (in werklikheid Arlo Madder) se optrede nie, en vra hom om homself reg te ruk voor hy terugkom na hulle woonstel. Frans en Oscar besluit om 'n ogie oor Hadley te hou. Denise verras Frans met 'n uitspattige aandete....more12minPlay
February 03, 2015PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 27Frans en Marijke kom af op 'n verkoolde lyk in die skuur van die oorlede Koot van Tonder se plaas op die Weskus. Arlo Madder se voorkoms en rolspel as Hadley Maritz flous almal, en niemand is daarvan bewus dat die gevaarlike reeksmoordenaar in hulle midde is nie…...more14minPlay
February 02, 2015PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 26Marijke vra Frans om saam met haar na Koot van Tonder se ou plaas te gaan, want sy glo die sleutel wat Arlo Madder in die pakkie by Denise gelos het, is 'n leidraad en sal die skuur oopsluit. Felicity kry 'n onverwagse besoek van Hadley Maritz....more14minPlay
January 30, 2015PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 25Denise kry 'n onverwagse middernagtelike besoek van Arlo Madder, wat by haar huis inbreek en 'n pakkie vir Frans laat. Marijke daag by haar woonstel op en vind Hadley in die stort. Maar is dit Hadley?...more13minPlay
January 29, 2015PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 24Denise trap Marijke uit omdat sy Frans ontstel het en daarom indirek haar veiligheid bedreig. Leanne kry 'n onverwagse besoek van Madder by die gym, wat hom steeds voordoen as Hadley....more14minPlay
January 28, 2015PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 23Leanne is geskok wanneer sy uitvind Felicity het Hadley na hulle huis genooi om die nag oor te slaap. Albei sou egter met afgryse vervul gewees het as hulle die ware identiteit van hulle gas moes weet......more13minPlay
January 27, 2015PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 22Frans vergesel Denise na 'n dinee by die Franse ambassade. Op pad daarheen gaan hulle na Vlaeberg, en Frans sien Hadley Maritz, min wetende dat dit eintlik Arlo Madder is....more13minPlay
January 26, 2015PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 21Leanne is bekommerd oor Felicity wat dink dat daar afluisterapparate in hulle huis is. Frans kuier by Marijke en verneem dat Hadley steeds vermis word. Hy probeer haar troos....more13minPlay
January 23, 2015PARADISO deur Charles J. Fourie - Episode 20Frans bevind hom in ’n komiese penarie tussen Denise en Marijke. Leanne is agterdogtig oor haar ma se optrede en konfronteer Felicity oor die feit dat sy gejok het dat sy weer by die hospitaal begin werk het. Marijke bieg teenoor Frans dat sy al lankal bekommerd is oor Hadley en vermoed dat hy aan posttraumatiese stres sindroom ly....more13minPlay
FAQs about Middagvervolgverhaal:How many episodes does Middagvervolgverhaal have?The podcast currently has 3,021 episodes available.