Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Middagvervolgverhaal:How many episodes does Middagvervolgverhaal have?The podcast currently has 3,021 episodes available.
June 26, 2024OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 1Corlia Mouton daag by die skool vir blindes op wat sy van bankrotskap moet red, en tref ‘n hele hoop probleme aan....more15minPlay
June 25, 2024DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 20 (slot)Lambertus Bredenhand word weer eens deur die ongenaakbare realiteit van sy sukkelbestaan gekonfronteer. Maar dié keer is daar miskien tog ook ’n sprankie hoop......more18minPlay
June 24, 2024DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 19Gert Bouer en Lammie staan sy aan sy in hulle stryd teen die reuse swerm voetgangersprinkane wat op Wegdraai verskyn het. Dirkie ontvang Lammie op Mooiplaas se voorstoep met skokkende nuus. Ousus vertel vir Lammie van die raaiselagtige gebeure op Bredenhoek sedert daardie middag voor sy tuiskoms....more14minPlay
June 21, 2024DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 18Lammie probeer vergeefs om Dirkie te oortuig om met ander oë na hom te kyk. Op pad terug huis toe neem Lammie ’n skokkende besluit. Gert Bouer word deur ’n skokkende gesig op sy geploegde land begroet, waar hy daardieselfde oggend mielies gesaai het....more14minPlay
June 20, 2024DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 17Ousus bak vir die eerste keer in maande weer brood in die bakoond, omdat daar weer meel in die huis is. Koos kla oor sy seer voet, en gaan sit buite op die bakoond, gevul met morbiede gedagtes....more16minPlay
June 19, 2024DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 16Lammie oornag by die Coetsees, met die uitsluitlike doel om ’n gesprek met Dirkie aan te knoop. Karel Coetsee gee sy toestemming dat Lammie met sy dogter mag gesels, en Lammie loop sy rieme styf......more13minPlay
June 18, 2024DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 15Lammie vertrek op ’n inligtingsveldtog om boere van die distrik in te lig oor sy aanstelling as sprinkaanbeampte, en oor die prosedures wat gevolg moet word indien daar ’n uitbreking van voetgangersprinkane sou wees. ’n Paar boere maak Lammie se besoek moeilik....more15minPlay
June 17, 2024DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 14Lammie verras sy kinders met die vosperd wat hy gekoop het, maar Ousus is bekommerd oor die skuld wat haar pa gemaak het. Nadat Lammie die lemoendoring uit Koos se voet gehaal het, vertel hy hulle die goeie nuus van sy aanstelling as die sprinkaanbeampte van Sluis. Mordecai Fischer maak ’n verrassende bekentenis aan Simon....more14minPlay
June 14, 2024DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 13Ousus is bekommerd dat haar pa dalk na ’n tweede vrou soek, en wat van haar sibbe sou word as Lammie ’n stiefma vir hulle sou huis toe bring. Simon daag met ’n groot verrassing by Lammie se huis op....more13minPlay
June 13, 2024DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 12Lammie stap vasberade na Fischer se winkel om broodnodige kruideniersware te koop. Sy dae van sukkel en praatjies van verwaarlosing is met sy aanstelling as sprinkaanbeampte iets van die verlede! Koos sien Bekkie aankom na hulle huis toe, en sy opmerking maak Ousus ietwat bekommerd....more15minPlay
FAQs about Middagvervolgverhaal:How many episodes does Middagvervolgverhaal have?The podcast currently has 3,021 episodes available.