Die De Villiers-familie woon in die buitewyke van Durbanville, op 'n landgoed wat geslagte lank aan die gesiene familie behoort. Hulle internasionale sakebelange word bedryf onder die vaandel van hulle moedermaatskappy, Adamastor Holdings. Maar is alles pluis? Wat gebeur binne die mure van die imposante woning? En wat is die verhaal van die tamboeryn wat sedert die slawetyd aan die Kaap in Vernon Keyser se familie se besit is? In die eerste episode is Amelia besorg dat Wynand op sy ouderdom begin oefen het. Lizelle vertel haar pa, Vernon Keyser, dat sy 'n groot eis teen die De Villiers-familie hanteer. Wynand de Villiers ontmoet Lizelle Keyser vir die eerste keer.