Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Middagvervolgverhaal (RSG potgooi):How many episodes does Middagvervolgverhaal (RSG potgooi) have?The podcast currently has 1,022 episodes available.
June 27, 2017MiddagvervolgverhaalDis die dag van die fees. Adriaan en Solly is paraat en weet dat daar enige oomblik iets fout kan loop. Ulrigh en Rex is uitgevat in hulle deftigste en moet 'n groot tjek oorhandig. Rex en Anel besef dat Solly hulle plan gaan ontbloot en maak 'n plan met hom....more14minPlay
June 26, 2017MiddagvervolgverhaalDie Barnard-huis is in rep en roer. Annabel slaap daar oor, en Adriaan kry die harde bank in die sitkamer. Rex en Anel breek in by die feesterrein om die fees te saboteur. Solly en Adriaan kom agter dat daar iets fout is op die terrein, maar kan nie hulle vinger daarop sit nie....more14minPlay
June 23, 2017MiddagvervolgverhaalDis die aand voor die groot fees. Oom Solly probeer aan Annabel verduidelik hoe die houtkapkompetisie werk. Adriaan oorreed Luann dat hy aan haar kant is. Sy neem hom in haar vertroue en vertel hom alles wat sy weet....more14minPlay
June 22, 2017MiddagvervolgverhaalAnel kry dit reg om die tenderdokumente vir die skoolgeboue so aan te pas dat dit die Meyers soos 'n handskoen pas. Oom Solly en Jonathan gaan haal Daan se kar, wat steeds by die Meul staan. Daar kry hulle nog bewyse dat hy saam met iemand gewerk het om die brande te begin. Anel probeer onmin tussen Jonathan en Adriaan saai....more15minPlay
June 21, 2017MiddagvervolgverhaalAlmal is in rep en roer om die sportgronde reg te kry vir die fees. Solly vat beheer van die logistieke reëlings. Anel wil na die departement van bosbou toe gaan. Sy voel hulle moet Adriaan van sy mag ontneem....more14minPlay
June 20, 2017MiddagvervolgverhaalAnel begin dadelik om nuwe planne in werking te stel. Sy wil Karatara sien, en Rex neem haar. Adriaan en Sally is besig met feesreëlings. Adriaan sien vir Rex en Anel op die dorp, en weet dadelik dat hulle iets in die mou voer....more15minPlay
June 19, 2017MiddagvervolgverhaalRex wil kleinkoppie trek. Die spanning van die afgelope paar maande begin aan hom knaag. Ulrigh besef dat hulle hulp nodig sal hê. Jonathan begin al hoe meer vermoed dat Daan vermoor is. Die vraag is - het iemand nie ook vir Victoria vermoor nie? Wie gaan Ulrigh inbring om hulle te help met hulle plan?...more15minPlay
June 16, 2017MiddagvervolgverhaalAdriaan en Sally praat oor die brandstigting en dat die polisie bevestig het dat die twee brande deur dieselfde persoon gestig is. Adriaan begin vermoed dat die Meyers iets daarmee te doen gehad het. Jonathan en Solly soek vir Victoria....more14minPlay
June 15, 2017MiddagvervolgverhaalRaymond voel ingehok. Margie en Solly vat hom aan oor die beleggingskema, en Rex wil hê hy moet by die plan bly. Victoria raak ongemaklik oor wat van hulle verwag word, en Raymond neem 'n besluit met groot gevolge....more16minPlay
June 14, 2017MiddagvervolgverhaalAnnabel en Victoria sit vas oor Victoria se ingesteldheid oor die fees. Rex wil vir Victoria en Raymond sien. Margie kry dit reg om onder Raymond se vel in te kruip. Annabel en Margie besluit dat die klomp wat so negatief is oor die fees hulle nie onder sal kry nie....more15minPlay
FAQs about Middagvervolgverhaal (RSG potgooi):How many episodes does Middagvervolgverhaal (RSG potgooi) have?The podcast currently has 1,022 episodes available.