Luann Michaels is Solly se susterskind, en is 'n handvol, maar vandat sy met klein Daan Spiere uithang, is die gort gaar. Die twee sukkel met hulle geldsake en soek maniere om hulle inkomste aan te vul. Annabel probeer Sally aan haar kant kry met 'n geldinsamelingsgeleentheid vir die skool. Raymond praat met Sally oor sy kerk in die sportsaal. Hoe het hy toestemming daarvoor gekry, en watter idee het Annabel om op die arm dorpie geld in te samel?