Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Middagvervolgverhaal (RSG potgooi):How many episodes does Middagvervolgverhaal (RSG potgooi) have?The podcast currently has 1,022 episodes available.
May 16, 2017MiddagvervolgverhaalPastoor Raymond Ross en Jonathan praat oor 'n nuwe kerkgebou en klanktoerusting. Die onderwysers is almal terug in die klas. Solly en Adriaan wonder wat Ulrigh kon sê om dit te laat gebeur. Adriaan bedink 'n manier om van die bobbejane ontslae te raak....more14minPlay
May 15, 2017MiddagvervolgverhaalVictoria en pastoor Raymond Ross stel hulle plan in werking om vir Annabel by die skool uit te werk. Solly praat met Ulrigh oor die besigheid, en hulle besluit om te gaan kyk of hulle kan help. Annabel is raadop, en Solly probeer haar troos. Ulrigh gaan praat met die stakende onnies. Sal Ulrigh vir Victoria en Raymond kan oorreed om die staking te stop?...more14minPlay
May 12, 2017MiddagvervolgverhaalAdriaan en Jonathan moet 'n manier vind om bobbejane uit die plantasie te verwyder. Margie verloor dit omdat almal haar pla oor haar opgaargewoontes. Annabel word uit die skool gesit deur die stakende onderwysers. Sal Solly vir Annabel kan help, en is daar 'n manier om die bobbejane te verwyder?...more14minPlay
May 11, 2017MiddagvervolgverhaalMargie probeer vir Victoria oorreed om haar verskille met die skoolhoof te laat vaar. Adriaan help Annabel met haar motor, en kom agter dat daar aan gepeuter is. Margie oorreed vir Solly om kant te kies. Agter wie gaan Solly sy gewig ingooi, en wie het Annabel se kar gesaboteer....more14minPlay
May 10, 2017MiddagvervolgverhaalAdriaan en Annabel se vriendskap kan na al die jare weg van mekaar nie weer aan die gang kom nie. Annabel en Victoria meet mekaar, en alhoewel Annabel vrede wil maak is die strydbyle klaar uit. Solly sit vas met sy susterskind....more14minPlay
May 09, 2017MiddagvervolgverhaalSally waarsku vir Annabel oor die moontlike muitery onder die onderwysers. Rex oorreed Adriaan om hulle gaste rond te ry en 'n draai met hulle te maak in die staatsbos. Wat gaan Annabel doen oor die onderwysers se opstand, en hoekom moet Adriaan die gaste die staatsbos gaan wys?...more14minPlay
May 08, 2017MiddagvervolgverhaalMargie probeer met Victoria praat oor die onderwysers se samewerking met die nuwe hoof. Ulrigh vind uit dat Rex 'n nuwe kabinetreeks beplan, en die resultate kom terug van die laboratorium oor wat presies fout is met die bome. Wat is Victoria se plan met die hoof, en hoe ernstig is die probleem met die bome?...more15minPlay
May 05, 2017MiddagvervolgverhaalUlrigh wil by Rex weet of hy vir Adriaan kon oorreed om hulle gaste in die staatsbos in te neem. Sally en Margie gesels oor Annabel en hoe dit met haar gaan as hoof. Ulrigh gaan wys vir Rex die siek bome in een van hulle plantasies. Sal Sally vir Annabel help?...more15minPlay
May 04, 2017MiddagvervolgverhaalAnnabel konfronteer Victoria oor wat alles by die skool gesteel is. Adriaan en Sally praat oor Annabel se terugkeer en hoe dit hom affekteer. Ulrigh daag by Adriaan se werk op. Hy probeer uitvis wat Adriaan alles weet. Het Victoria iets te doen gehad met die inbraak by die skool, en hoekom hou Sally nie van Annabel nie?...more15minPlay
May 03, 2017MiddagvervolgverhaalUlrigh Meyer is Rex se pa, en dring by hom aan dat hy vir Annabel oornooi vir ete. Jonathan loseer by Victoria, en sy is in 'n slegte bui. Annabel en Ulrigh sit vas oor die inwoners van Karatara en hoe om hulle te benader. Victoria het 'n plan om van die nuwe skoolhoof ontslae te raak....more15minPlay
FAQs about Middagvervolgverhaal (RSG potgooi):How many episodes does Middagvervolgverhaal (RSG potgooi) have?The podcast currently has 1,022 episodes available.