Luann probeer Daan oorreed om nie die gevaarlike werk te doen nie, want sy het 'n slegte gevoel daaroor. Adriaan en Jonathan moet gaan help om stompe teen 'n styl, gladde krans uit te sleep. Hulle gaan 'n tegniek probeer wat jare laas gebruik is. Sal Daan die werk los omdat Luann hom vra, en gaan Adriaan-hulle die stomp uitgesleep kry?