Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

All Monitor episodes

  • Monitor: Hoekom het Reserwebank rentekoerse onveranderd gelaat?
    24 Julie 2026: 'n Ekonoom verduidelik die Reserwebank se onveranderde rentekoers-besluit. Ernstige vrae oor die integriteit, bekwaamheid en begrip oor die reg, van die hoof van die Ondersoek Direktoraat na Korrupsie. 'n Bek-en-klouseer-uitbreking onder wild in die Oos-Kaap.
    48 min
  • Monitor: Winkelgroepe bestee miljoene om verbruikers se gedrag te beïnvloed
    22 Julie 2026: Die afsettingskomitee in die parlement begin met werksaamhede vandag, in weerwil van president Cyril Ramaphosa se dringende interdik om die komitee te stop. Winkelgroepe bestee miljoene om verbruikers se gedrag te beïnvloed - ons vind uit hoekom ons daarvoor val. Verskeie wetstoepassingsagentskappe voer klopjagte in die Noord-Kaap uit om handelaars van onveilige en onwettige produkte vas te trek.
    48 min
  • Monitor: Biefstuk kos 25% meer as ’n jaar gelede
    21 Julie 2026: Die hooggeregshof in Pietermaritsburg sluit die heropende ondersoek na die 1981-dood van die menseregteprokureur, Griffiths Mxenge. President Cyril Ramaphosa koppel 'n prys aan die nasionale waterkrisisplan. Politieke partye is bekommerd oor die Openbare Beleggingskorporasie.
    50 min
  • Monitor: Geen radioaktiewe gevaar by Koeberg - Eskom
    20 Julie 2026: Eskom hou vol dat die radioaktiewe besmetting by Koeberg nie 'n gevaar vir die publiek inhou nie. 69 Mense vandag in hof ná gewelddadige betogings in Kouga in die Oos-Kaap. Dringende ingryping geëis in die kragkrisis in die Noord-Kaapse dorp, Koingnaas. Spanje kraai koning in die Sokker Wêreldbeker-toernooi.
    51 min
  • Monitor: OUTA hof toe oor AARTO
    17 Julie 2026: OUTA bring 'n hofaansoek om die implementering van die tweede fase van AARTO op te skort. Nog 'n mosie van wantroue word teen die burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro ingedien. Uitspraak in die president se hofaansoek om die afsettingskomitee se werk te staak, teen einde aanstaande week verwag.
    50 min
  • Monitor: Ramaphosa sê die Artikel 89-afsettingskomitee se werk sal hom verneder
    16 Julie 2026: President Cyril Ramaphosa sê die Artikel 89-afsettingskomitee se werk sal hom verneder, en daarom wil hy dit stuit. Die regering verwerp bewerings dat die onlangse protesoptrede teen onwettige immigrasie Suid-Afrika van die res van die vasteland isoleer. Die minister van elektrisiteit se plan om die land se opwekkingskapasiteit te verdubbel, is vandeesweek herbevestig, maar hoeveel sal dit kos, en waar gaan die geld vandaan kom?
    53 min
  • Monitor: Ramaphosa vandag hof toe om Phala Phala-afsettingskomitee te stop
    15 Julie 2026: Konsepwetgewing vir 'n enkele, onafhanklike regterlike gesag sal vroeg aanstaande jaar gereed wees. President Cyril Ramaphosa gaan vandag hof toe om die werksaamhede van die afsettingskommittee oor die Phala Phala-aangeleentheid te stop. Ons kyk na wat die Madlanga-kommissie se koste uiteindelik kan beloop, en vra of dit finansieel die moeite werd is.
    47 min
  • Monitor: Nie een spoedkamera in Johannesburg werk nie
    14 Julie 2026: Geen van die spoedkameras in Johannesburg werk die afgelope sewe maande nie. Die Minister van Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, sê verdere gesprekke oor ministers wat met belangegroepe vergader. soos sy eie vergadering met Starlink. kan voordelig wees. Hoekom is honderde Afrikaners deur die Amerikaanse vlugtelingeprogram afgekeur? Nuwe navorsing wys hidrobreking vir skaliegas kan aardbewings in die Karoo vererger.
    51 min