Monitor

Monitor

By RSGNews
Download on the App Store

All Monitor episodes

  • Monitor: Afleggings dreig by twee groot media-organisasies
    7 Augustus 2026: Afleggings dreig by twee groot media-organisasies - ons vra wat die impak op joernalistiek sal wees. Duisende aansoeke vir skoolplasings in Gauteng is binne enkele dae ontvang. 'n Openbare deelnameproses begin oor die voorgestelde minimumloon vir 2027.
    50 min
  • Monitor: Ingrypende veranderinge aan MK-party se leierstruktuur
    5 Augustus 2026: Die president van die MK-party, Jacob Zuma, kondig ingrypende veranderinge in sy leierstruktuur aan. Hoekom presteer sommige munisipaliteite soveel beter as ander? Ons praat met die FW de Klerk-stigting oor hulle rapport vir plaaslike regerings. Alles wat jy moet weet oor die nuwe 10 jaar-rybewys.
    50 min
  • Monitor: Departement van Militêre Veterane in groot gemors
    4 Augustus 2026: Ons bespreek die groot gemors waarin die Departement van Militêre Veterane hom bevind, en bring terugvoer op luisteraars se vrae. Kritiek teen die lankverwagte Nasionale Raad teen Geslagsgeweld en Vrouemoord. Die OVK is veral tevrede met die aantal jongmense wat registreer vir die verkiesing.
    50 min
  • Monitor: Grondwetlikheid van Onteieningswet in hof betwis
    3 Augustus 2026: Talle partye tree vandag tot die stryd toe in die hooggeregshof in Kaapstad om die grondwetlikheid al dan nie, van die Onteieningswet te bepaal. Voornemende kiesers het nog tot Vrydag om vir die verkiesing te registreer, aar baie kiesers sê hulle gaan wegbly van die stembus weens swak dienslewering.
    51 min
  • Monitor: Ondersoekbeampte van IDAC geskors
    31 Julie 2026: Die senior ondersoekbeampte van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie is geskors, hangende ’n tugverhoor. Die voormalige hoof van IDAC se getuienis voor die Madlanga-kommissie word as onwaar beskryf. Rybewyse vir ligte motorvoertuie sal voortaan tien jaar lank geldig wees.
    46 min
  • Monitor: Afsettingskomitee gaan appelleer teen Ramaphosa-interdik
    30 Julie 2026: Die parlement se afsettingskomitee gaan appelleer teen die tussentydse interdik, wat die hof aan president Ramaphosa toegestaan het. 'n Man wat na bewering doelbewus MIV aan sy vriendin oorgedra het, verskyn Maandag in die hof. Presies 'n maand ná die groot optog vra ons of March and March sy doel bereik het.
    48 min
  • Monitor: Klagtes teen hoof van misdaadintelligensie teruggetrek
    28 Julie 2026: Reaksie op die Vervolgingsgesag se besluit om strafregtelike klagtes teen die hoof van misdaadintelligensie, luitenant-generaal Dumisani Khumalo, terug te trek. Die MRK bevind dat rioolaanlegte in Oos-Kaapse metro's nie aan die voorgeskrewe vereistes voldoen nie. Die aanlynaansoekproses vir die plasing van leerlinge in Gautengse skole begin in Augusttus.
    47 min
  • Monitor: Rekord aantal partye geregistreer vir verkiesing
    27 Julie 2026: 'n Rekord 526 partye het reeds vir die komende munisipale verkiesing geregistreer. Met 'n 100 dae oor tot die verkiesing, praat ons met die OVK oor die vordering en uitdagings. Die land se mees senior ondersoekende en vervolgingsbeampte na korrupsie vra toestemming om te bedank. 'n Burgerregtegroep waarsku oor vertragings in hofsake.
    50 min