Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,447 episodes available.
January 24, 2022Monitor 24 Januarie 2022 - Deel 2Die stof het nog nie gaan lê nie oor die minister van toerisme, Lindiwe Sisulu, se aanval op die grondwet en regters. Ons bespreek die nalatenskap van die ontslape polisieman, Frank Dutton. Die Blou Bulle se president doen 'n beroep op SA Rugby om sportstadions weer tot volle kapasiteit oop te stel vir toeskouers....more46minPlay
January 24, 2022Monitor 24 Januarie 2022 - Deel 1Ons kry die jongste nuus oor die situasie by die Waterkloof Lugmagbasis in Pretoria, nadat 'n brand gisteraand daar uitgebreek het. Adjunkhoofregter Raymond Zondo sê die publiek móét weet hoe die ANC se kanderontplooiingskomitee besluite by staats-nstellings beïnvloed het. Eskom verseker landsburgers dat die kragvoorsiener alles in sy vermoë sal doen om vanjaar beurtkrag te vermy. Boere in dele van die Vrystaat ly miljoene rand se verlies weens swaar reën. Die bestuursopleidingsinstelling, Mancosa, sê tersiêre instellings lewer nie genoeg nuwe ondwerwysers nie. 'n Kenner sê die wetgewing om fluitjieblasers te beskerm is onvoldoende....more39minPlay
January 21, 2022Monitor 21 Januarie 2022 - Deel 2'n Oudit van die Norwood-polisiestasie in Johannesburg wys dat minstens 158 vuurwapens daar verdwyn het. Spanning is aan die oplaai nadat Rusland soldate langs die grens met Oekraïene ontplooi het. Die oudvryheidsvegter en teoloog, Allan Boesak, sê die verslag van die Zondo-kommissie behoort 'n wekroep te wees....more46minPlay
January 21, 2022Monitor 21 Januarie 2022 - Deel 1Die Minister van Toerisme, Lindiwe Sisulu, ontken dat sy om verskoning gevra het vir haar kritiek van die regbank. Bloedige warm weer word in dele van die Kaap verwag, wat die gevaar van veldbrande soveel groter maak. Suksesvolle matrikulante beplan hulle toekoms nadat die uitslae om middernag bekendgemaak is....more44minPlay
January 20, 2022Monitor 20 Januarie 2022 - Deel 2Die voormalige bestuurshoof van Old Mutual, Peter Moyo, beskuldig Old Mutual van kontrakbreuk omdat sy kontrak sonder 'n tugverhoor beëindig is. Verskeie skole in KwaZulu-Natal se deure bly gesluit weens 'n voortslepende tradisionele leierskapsgeskil. Kenners waarsku dat tropiese storms KwaZulu Natal se voorland is. 'n Groen-waterstofprojek in die Noord-Kaap kan duisende werksgeleenthede skep....more40minPlay
January 20, 2022Monitor 20 Januarie 2022 - Deel 1'n Studie bevind dat twee inentings en 'n skraagdosis nie genoeg is om jou teen die hoogsaansteeklike Omicron-variant van die Coronavirus te beskerm nie. Ons vind uit of inentings teen griep, polio of masels erge simptome van Covid-19 kan verlig. Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, maak die matriekeindeksamen-resultate vandag bekend. Ons praat met 'n onderwyskenner oor sy verwagtinge....more45minPlay
January 19, 2022Monitor 19 Januarie 2022 - Deel 2'n Studie bevind dat Covid ook van mens na dier oorgedra is. Ons praat met een van die navorsers. Navorsers aan die Oregon Universiteit in Amerika het bevind dat twee sure wat in dagga voorkom, moontlik kan verhoed dat die Covid-19-virus aan mensselle heg. 'n Kommerwekkende styging in die getal padsterftes oor die feestyd. 'n Inwoner op die oewer van die Vaalrivier vertel hoe hy moes padgee weens die hoë watervlak....more42minPlay
January 19, 2022Monitor 19 Januarie 2022 - Deel 1Nooddienste in Noordwes is op 'n hoë gereedsheidsgrondslag, nadat nóg water uit die oorvol Vaaldam gelaat is. Privaatskole behaal 'n slaagsyfer van meer as 98%. Ons praat met 'n paar slimkoppe....more40minPlay
January 18, 2022Monitor 18 Januarie 2022 - Deel 2Die energiereguleerder, Nersa, begin met provinsiale verhore om te bepaal hoeveel meer jy vir elektrisiteit sal moet betaal. Die polisiebegroting gaan volgens berigte oor die volgende drie jaar met R26-miljard gesny word. Ons praat oor klassieke motors met prof. Jannie Rossouw....more41minPlay
January 18, 2022Monitor 18 Januarie 2022 - Deel 1Inwoners van Bloemhof en Christiana in die Noordwes word gevra om hulle huise te ontruim weens die Vaarlrivier se stygende watervlak. Herstelwerk aan spoorinfrastruktuur in die Wes-Kaap vorder stadig weens begrotingsbeperkings. Noordwes se onderwysdepartement identifiseer minstens 50 onwettige skole in die Rustenburg-gebied. Die Hooggeregshof in Pretoria hoor vandag AfriForum se aansoek aan oor die publikasie van matriekuitslae in die media. FEDSAS sleep die Oos-Kaapse Departement van Onderwys hof toe omdat hy glo versuim het om handboeke en skryfbehoeftes aan die provinsie se skole te voorsien. Tegnologie-liefhebbers moet opdok weens 'n tekort aan hardeware wat rekenaarkomponente se pryse die hoogte laat inskiet....more42minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,447 episodes available.