Een van die voormalige internasionale tennisster, Bob Hewitt, se verkragtingslagoffers, Olivia Jasriel, sê ou wonde is van vooraf oopgekrap toe sy laasweek moes hoor dat Hewitt op 23 September op parool vrygelaat sou word sonder dat sy of die twee ander slagoffers deur die Departement van Korrektiewe Dienste se paroolraad gekontak is. Die Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Ronald Lamola, het Sondag 'n ommekeer gemaak deur die nasionale kommissaris van korrektiewe toesig te beveel om die besluit om Hewitt op parool vry te laat, te hersien. Jasriel sê sy voel verraai deur 'n stelsel wat duidelik geen agting het vir die slagoffers van seksuele misdade nie. Este de Klerk het met haar gepraat.