Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,454 episodes available.
September 30, 2019MonitorGister 50 jaar gelede het 'n kragtige aardbewing in die Boland die dorpe Tulbagh, Ceres en Wolseley byna verwoes. Elf mense is dood en talle wonings en historiese geboue is vernietig. Die aardbewing in 1969, wat 6,3 op die Richterskaal gemeet het, het destyds die gemeenskap verbysterd gelaat. Dit is die sterkste aardbewing in menseheugenis wat Suid-Afrika getref het. Este de Klerk het die verslag saamgestel met behulp van argiefmateriaal........more9minPlay
September 30, 2019MonitorJames Bond-aanhangers vier hierdie week die historiese herdenking van toe die eerste James Bond-rolprent, "Dr No", in 1962 vrygestel is. 'n Dosent in Film en Kommunikasiekunde by die Vanderbiljlpark-kampus van Noordwes Universiteit, Phil Pretorius, sê die span agter die rolprente het 'n suksesresep beet waarby gehore wêreldwyd aanklank vind....more7minPlay
September 25, 2019MonitorDie gevolge van klimaatsverandering verhoog hooikoors en allergieë wêreldwyd. Die verwagting is dat stuifmeelvlakke in die atmosfeer teen 2050 kan vervierdubbel en die mens se gesondheid negatief kan beïnvloed. Dit is hoekom die hoof van die Allergie-eenheid by die Longinstituut aan die Universiteit van Kaapstad, Prof Jonny Peter, wat verantwoordelik is vir die monitering van stuifmeel in Suid-Afrika, pleit dat die saak aandag moet geniet....more5minPlay
September 25, 2019MonitorDie Total Shutdown beweging sê Kaapstad sal vandag tot stilstand gedwing word. Een van die organiseerders, Nadia Mayman De Grass, sê daar is nie aan een van hulle eise wat 'n jaar gelede gemaak is, voldoen nie....more5minPlay
September 25, 2019MonitorInheemse plante en kruie word deur die eeue heen deur die Khomani-San by Askham in die Noord-Kaap gebruik, om 'n gesonde leefstyl te handhaaf. Die Departement van Wetenskap en Tegnologie het 'n inheemse kweekhuis begin waar die plante en kruie gepreserveer en geoes kan word. Annelene Moses berig....more3minPlay
September 25, 2019MonitorHonderde voormalige inwoners van Distrik Ses in Kaapstad was in 'n vrolike luim tydens die amptelike geleentheid waar Kaizersgracht sy oorspronklike naam, Hanoverstraat, teruggekry het. Die geleentheid op Erfenisdag is deel van 'n veldtog wat die kollig plaas op die stadige pas van grondhervorming vir diegene wat, ingevolge destyds se berugte Groepsgebiedewet, kragdadig van die grond af verskuif is. Gustav Greyling doen verslag....more4minPlay
September 18, 2019MonitorVandeesweek is nasionale testamente week. Een regsgeleerde wat hom toespits op testamente, is Dawie Coetzer. Hy sê slegs 30 persent van Suid-Afrikaners het testamente....more12minPlay
September 18, 2019MonitorPresident Cyril Ramaphosa sê die regering sal 'n nuwe benadering bespreek vir besliste optrede teen geslagsgeweld, tydens 'n gesamentlike sitting van die Nasionale Vergadering. Ramaphosa vra onder meer dat meer aandag aan seuns gegee word. 'n Kriminoloog in die Departement van Maatskaplike Werk en Kriminologie aan die Universiteit van Pretoria, prof. Christiaan Bezuidenhout, sê dat albei geslagte dieselfde opvoeding behoort te kry....more4minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,454 episodes available.