Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,453 episodes available.
October 25, 2019MonitorDie meningspeiler, IPSOS, het n seminaar vir vandeesweek gereël met die titel: THE AGE OF CRISIS - COMMUNICATION IN CRISIS. Monitor het met n direkteur by die maatskappy, Mari Harris gepraat, oor die huidige krisisse in ons politiek....more13minPlay
October 25, 2019Monitor"Siesa, hier kom Desember se kakkerlakke" lui 'n opskrif vandeesweek in Die Burger. Dr. Willem Botha, die hoofredakteur en uitvoerende direkteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal bespreek die woorde: kakkerlakke, kokkerotte en ander goggas en siesa....more3minPlay
October 25, 2019MonitorDie voormalige DA-leier, Mmusi Maimane het gister sy bedanking van die party en uit die Parlement aangekondig, skaars 24-uur nadat hy die tuig as die amptelike opposisie se leier neergelê het. Die verrassende wendings het gekom nadat Helen Zille die naweek as die Voorsitter van die DA se Federale Raad verkies is. Wat voorspel al hierdie wendings vir die DA, en wat voorspel hierdie politieke skommelinge vir die opposisie in Suid-Afrika se politieke landskap? Este de Klerk het die verslag saamgestel....more7minPlay
October 23, 2019MonitorWetenskaplikes aan die Universiteit van Cambridge glo dat tipe twee diabete wat 'n gewigsverlies van tien persent kan toon in die eerste vyf jaar na diagnose, in remissie kan gaan. Hul aanvanklike bevindings is gebasseer op die noukeurige bestudering van data tot hul beskikking vanuit verskeie studies. Monitor het gister gepraat met Dr Hajira Dambha-Miller van Cambridge Universiteit se Departement: Openbare Gesondheid vir meer besonderhede oor hul navorsing:...more5minPlay
October 23, 2019MonitorDie Bloodhound supersoniese motor gaan vandag poog om sy hoë snelheidstoets van 8-honderd kilometer per uur op Hakskeenpan in die Noord-Kaap af te lê. Dit word gedoen voor die voertuig volgende jaar sal poog om 'n landspoed-rekord van 1-duisend 6-honderd kilometer op te stel. Die voertuig is amptelik Maandag bekendgestel. Ons Noord-Kaapse korrespondent Reginald Witbooi is op Hakskeenpan en het hierdie verslag saamgesteL....more5minPlay
October 23, 2019MonitorDie waternood is so groot in Barberton dat opposisie-lede die ANC-Stadsraad gevra het om aansoek te doen om die dorp tot 'n rampgebied te verklaar. Monitor kon nie die woordvoerder van die Stadsraad op Barberton, Joseph Ngala, opspoor nie, maar die DA-Raadslid, Phillip Minnaar sê die Lomatie dam is tans 20% vol....more4minPlay
October 23, 2019MonitorMonitor het 'n nuusverklaring van die Stadsraad onder oë gehad. Daarin word voorgestel dat die Mbombela munisipaliteit die Umjindi gebied tot 'n rampgebied verklaar, en dat die Departement Water en Sanitasie genader word vir dringende bystand. Maar 'n besproeingsboer in die gebied, Alwyn van Graan, het bygevoeg dat die probleem jare lank reeds bestaan....more4minPlay
October 23, 2019MonitorBonteheuwel in Kaapstad wil nie meer bekend staan as 'n township nie, maar wil herklassifiseer word as 'n voorstad. Raadslede van die gebied het 'n mosie aan die Kaapstad Metroraad gerig om sy status te verander. Die DA-raadslid, Angus McKenzie, sê die woonbuurt verskil min van ander woonbuurte....more4minPlay
October 23, 2019MonitorINTRO:Die Onafhanklike Kragverskaffers dra nie by tot Eskom se finansiële krisis nie. So sê die Dekaan van die Fakulteit Ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch en kenner van hernubare kragbronne, Prof Wikus van Niekerk. Dit volg na die woordvoerder van die vakbond Numsa, Phakamile Hlubi-Majola, eergister in 'n onderhoud gesê het dat die onafhanklike kragverskaffers Eskom geld kos....more7minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,453 episodes available.