Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Die aktualiteitsprogram met ‘n verskil. Dis ‘n program vir die naweekmens…die soort mens wat in sy omgewing belangstel, wat wil wegbreek en die wiele laat rol of sommer net ‘n bietjie anders na die le... more
FAQs about Naweekaktueel:How many episodes does Naweekaktueel have?The podcast currently has 1,157 episodes available.
April 20, 201320 Apr 2013Die Suid-Afrikanse span dokters van GIFT OF THE GIVERS in Darkoush word oorval deur slagoffers van die burgeroorlog wat reeds langer as twee jaar duur. Die hospitaal in die noordwestelike gebied naby die grens met Turkye is van vroegoggend reeds gepak met pasiente....more4minPlay
April 20, 201320 Apr 2013'n Groep van 40 Suid-Afrikaanse dokters wat in 'n hospitaal in Sirië as vrywilligers werk, het benoude oomblikke beleef. Hewige gevegte het in die noorde van Sirië uitgebreek. Die dokters is deel van die groep GIFT OF THE GIVERS, wat in die stad Dakursh werksaam is. Foeta Krige het hierdie verslag uit Sirië gestuur....more6minPlay
April 13, 201313 Apr 2013Frikkie Maas uit Brisbane - hierdie groetwoorde aan die einde van sy vele stories uit Australië is al byna so bekend soos dié van Tossie Lochner uit Italië. Frikkie het saam met sy vrou, Bets, bydraes gelewer vir Monitor, die destydse Spitstyd en Sportjoernaal asook Koms van die koninkryk. Die 79-jarige Frikkie voel egter dis tyd vir 'n blaaskans na meer as 4 000 stories. Hy het gister vir oulaas met Anita Visser gesels....more6minPlay
April 13, 201313 Apr 2013Frankryk het die week aangekondig dat hy die mensgemaakte chemikalieë, Bisphenol Poli-karbonaat A oftewel BPA, in baie meer produkte gaan verban. Die Franse het reeds die gebruik van BPA in 2010 in bababottels verbied en Suid-Afrika het dieselfde in Oktober 2011 gedoen. Franse wetenskaplikes is egter bekommerd oor die gebruik van die spesifieke chemikalieë in kwitansiepapier en glo swanger vroue wat byvoorbeeld in supermarkte agter kasregisters werk is veral kwesbaar. Die hoof van navorsing by CANSA, dr. Carl Albrecht, verduidelik waaroor die bohaai gaan......more5minPlay
April 06, 20136 Apr 2013April is wêreldwyd Outismemaand en Naweekaktueel fokus op die uitdagings wat ‘n ma en haar outistiese kind ervaar. Die uitvoerende hoof van die SA Vereniging vir Outisme , Anna Atkins, gee ook raad....more22minPlay
FAQs about Naweekaktueel:How many episodes does Naweekaktueel have?The podcast currently has 1,157 episodes available.