Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Die aktualiteitsprogram met ‘n verskil. Dis ‘n program vir die naweekmens…die soort mens wat in sy omgewing belangstel, wat wil wegbreek en die wiele laat rol of sommer net ‘n bietjie anders na die le... more
FAQs about Naweekaktueel:How many episodes does Naweekaktueel have?The podcast currently has 1,189 episodes available.
June 22, 201322 Jun 2013'n Woordeboeksamesteller het 'n taai werk, maar as daar passie by betrokke is dit 'n pure lekkerte. Dis dan ook so met professor Ernst Kotzé van Port Elizabeth, voorheen van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit. Hy het al 'n Afrikaans/Zoeloe woordeboek die lig laat sien, maar dis sy projek om 'n Afrikaans/Japans woordeboek saam te stel, wat sy trots is. Die projek en navorsing hou hom al langer as 13 jaar besig en behels ook 'n grammatika-handleiding wat terselfdertyd sal verskyn. Veronica Fourie het in die Baai met hom gesels oor sy liefde vir hierdie Oosterse taal en kultuur....more6minPlay
June 22, 201322 Jun 2013Die wêreld se oudste uithou-motorwedren begin oor 'n paar uur buite die dorp Le Mans in noordwes Frankryk. Anna-Marie Jansen van Vuuren het dié renbaan besoek om te kyk waarom dit as díé baanuithouren beskou word....more5minPlay
May 25, 201325 May 2013Afrikadag word vandag gevier. Die Universiteit van Stellenbosch se Sakeskool het gisteraand 'n funksie gehad en prof. Eltie Links was die gasspreker. Prof. Links was voorheen onder meer Suid-Afrika se ambassadeur by die Europese Unie. Hy het het met Naweekaktueel gepraat en gesê Suid-Afrika en die res van die vasteland se heil lê in goeie leierskap....more8minPlay
May 18, 201318 May 2013As jy bang is vir vlieg en die woord, turbulensie, jou hartklop laat versnel, moet jy maar nóú vlieg terwyl dit nog relatief gemaklik is. Britse wetenskaplikes voorspel dat aardverwarming die intensiteit en voorkoms van turbulensie sal verhoog. Die voorspelling is dat mens hier teen 2050 hare op jou tande sal moet hê om veral oor die Noord Atlantiese Oseaan te vlieg....more5minPlay
May 18, 201318 May 2013Die Suid-Afrikaanse rolprent, LITTLE ONE, wat Hollywood se Academy onlangs as een van die Top 20 buitelandse rolprente aangewys het, het gefaal by die plaaslike loket. Dit nadat gerekende rolprentresesente soos Leon van Nierop, Paul Boekooi en Laetitia Pople dit ten sterkste aanbeveel het. Dit los die vraag - hoekom ondersteun Suid-Afrikaanse gehore meestal net komedies? Anna-marie Jansen van Vuuren het gaan ondersoek instel....more6minPlay
FAQs about Naweekaktueel:How many episodes does Naweekaktueel have?The podcast currently has 1,189 episodes available.