Mens sou seker kon sê hulle het lank genoeg gewag, maar vandeesweek is Neil Armstrong wat sekerlik geen bekenstelling as ruimtevaarder benodig nie, die eerste keer deur die Amerikaanse Kongres vereer. Armstrong, Buzz Aldrin, Michael Collins en die eerste Amerikaner wat in 1962 om die aarde gewentel het, Alan Shepard, is met goue Kongresmedaljes vereer, 42-jaar ná die geskiedkundige maanlanding.