Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Die aktualiteitsprogram met ‘n verskil. Dis ‘n program vir die naweekmens…die soort mens wat in sy omgewing belangstel, wat wil wegbreek en die wiele laat rol of sommer net ‘n bietjie anders na die le... more
FAQs about Naweekaktueel:How many episodes does Naweekaktueel have?The podcast currently has 1,189 episodes available.
March 03, 20123 Mar 2012Meer as vierduisend leerders in die Noord-Kaap word touwys gemaak in die skryfkuns deur van Suid-Afrika se beste skrywers by die skrywersfees wat van Donderdag tot vandag in Kimberley aangebied word. Bekroonde skrywers soos Ahmed Kathrada, Don Mattera, Deon Meyer, Marita van der Vyver en Sandile Dikeni bied werkswinkels by verskeie skole in die Noord-Kaap aan. Anel Heydenrych het daar ingeloer....more5minPlay
February 25, 201225 Feb 2012Wat het springmielies, papierborde, ou reënjasse, pizzakartonbokse, sitkamerbanke en ou braaipanne gemeen? Die antwoord is P.F.O.S. wat in daardie produkte skuil en moontlik 'n gevaar vir jou inhou. Anita Visser praat hieroor met 'n eko-toksikoloog van Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus, prof. Henk Bouwman....more6minPlay
February 25, 201225 Feb 2012Maandag was dit presies 50 jaar gelede dat die ruimtevaarder John Glenn die eerste Amerikaner geword het om 'n wentelbaan om die Aarde te voltooi. Hy was oornag 'n volksheld gegewe die konteks van die koue oorlog en die feit dat die Rus, Yuri Gagarin, die Amerikaners die loef afgesteek het deur reeds in April 1961 die eerste mens in die ruimte te word....more8minPlay
February 18, 201218 Feb 2012Amerikaanse wetenskaplikes onder leiding van die Kubaansgebore dr. Eduardo Marban, het hart-stamselle gebruik om weefselskade ná 'n hartaanval te herstel. Die uitslae van die suksesvolle kliniese toetse wat by die Cedars Sinai Hartinstituut in Los Angeles gedoen is, is pas in die gerespekteerde Britse mediese tydskrif, The Lancet Journal gepubliseer....more5minPlay
February 11, 201211 Feb 2012Europa se ysige koue wil maar net nie wyk nie. Een Suid-Afrikaner wat klappertand in Georgië sit, is die 24-jarige Rikus Wessels wat op die dorpie Tsalan Djiega Engels vir die kinders leer. Die dorpie is 70 kilometer suid van die Russiese grens en vandeesweek het die kwik daar tot minus 25 gedaal. Die koue het die waterpype laat bars en gisteraand is Rikus saam met twee vriende, 'n Wallieser 'n Amerikaner na 'n naburige dorp om te gaan warm stort. Anita Visser het met hom gesels....more6minPlay
February 11, 201211 Feb 2012Waaraan dink jy as jy die woord Boelgarye hoor? As dit joghurt is, is dit tyd dat jy jou horisonne verbreed want hierdie Oos-Europese land wat vanjaar 20 jaar se diplomatieke bande met Suid-Afrika vier, het veel meer om te bied. So sê Sheila Camerer wat ons ambassadeur in Sofia is. Camerer is al drie jaar in Boelgarye, 'n land wat sy met een woord opsom: Knus....more5minPlay
February 11, 201211 Feb 2012Nederlanders beleef hulle koudste winter in 15 jaar, reg in pas met die res van 'n bibberende Europa. Kollega Suzaan Steyn het in Abcaude, spesiaal vir Naweekaktueel, haar gevriesde voete by die deur uitgesteek om die termometer te gaan bestudeer....more6minPlay
FAQs about Naweekaktueel:How many episodes does Naweekaktueel have?The podcast currently has 1,189 episodes available.