Covid19 gaan beslis baie mense armer maak, maar ons sal gouer weer ryk kan word, sê die ekonoom Dawie Roodt. Luister hier hoe hy vergelyking tref tussen Covid19 en die Spaanse griep-pandemie van die vorige eeu.
Die joernalis Herman Lategan is moedeloos oor die impak van Covid 19. Hy sê sy buurman moes al klaar sy besigheid toemaak en daar wag nog groter moeilikheid vir baie Suid-Afrikaners. Luister hier na sy bydrae.
Die skrywer Ricardo Arendse bring die staat van inperking alleen in sy huis deur. Maar hy sit nie stil nie. Hy werk aan 'n opwindende fliekprojek, het hy aan Nuuspod vertel.
Luister hier na wat bekendes oor die staat van inperking te sê het. Piet Croucamp vertel aangrypend hoe hy en sy seun in Melville bly. Ook Dana Snyman vertel van sy tyd op Jacobsbaai. Dan is daar Leon Wessels, Christo van der Rheede en Annette Steyn van die DA gee praktiese raad. Die filosoof Johann Rossouw laat ook van hom hoor.