Nuuspod

Nuuspod

By Izak Du PlessisNewsNews Commentary
Download on the App Store

Nuuspod episodes

  • Kleinboer
    Die skrywer en digter Fanie de Villiers, bekend as Kleinboer, vertel hoe lockdown in Yeoville gaan. Hy lees ook een van sy gedigte uit sy nuwe digbundel. Luister vir die Kleinboer-blaps in die middel.
    4 min
  • Hoop in die lockdown
    Dr Jan Botha gee raad hoe om kop te hou met jouself in die tyd van lockdown. Luister hierna vir 'n stukkie hoop as die inkerkering jou begin vang.
    7 min
  • Dana Snyman oor reiers, bedelaars en morele dilemmas
    Dana Snyman is in 'n kontemplatiewe bui. In die episode gesels hy oor alles en nog wat, reiers, bedelaars en morele dilemmas, selfs Bheki Cele kry aandag. Dis 'n lang een, maar komaan, jy het meer as genoeg tyd om nou te luister. Indien nie, luister 'n stukkie en pause dan, Nuuspod gaan nêrens heen nie.
    18 min
  • BCG inentings vs Covid 19

    Dis nog nie Eureka! vir BCG-inentings in die stryd teen Covid 19 nie. Dit is die strekking van dr Jantjie Taljaard se antwoord op Nuuspod se vraag of BCG-inentings, wat sedert 1940 in Suid-Afrika toegedien word, die land se redding is. Die opwinding oor BCG-inentings kom nadat dr Gonzalu Otazu van die New York Institute of Technology aan Alec Hogg van Biznews gesê het lande waar BCG toegedien is het 'n laer sterfte- en infeksiesyfer. Intussen het dit aan die lig gekom dat die land se apteke 'n akute tekort aan hidroksiechlorokien en chlorokien het, omdat hospitale dit in grootmaat aankoop in die stryd teen Covid 19. Daar word geglo dié malariamedisyne help minstens om simptome te verlig en gouer genesing te bring.  Dr Taljaard, 'n spesialis in aansteeklike siektes by Tygerberg hospitaal, het egter aan Nuuspod gesê daar is nog geen bewyse dat die middels effektief is nie. 

    2 min
  • Die groot baklei in lockdown

    Byna twee weke se gedwonge saamwees is besig om die harmonie in talle huwelike en verhoudings te bedreig. Die verhoudingsterapeut en seksuoloog, dr Elmari Mulder Craig, sê mense het selfs in 'n verhouding hul vryheid nodig. Nuuspod het met haar gesels om te hoor hoe mense hul verhoudings in die tyd kan beskerm. Sy gee ook raad oor wat om te doen as die groot baklei reeds gebeur en skade aangerig het. 

    14 min
  • Corona in C-mineur

    Vir die wat wonder hoe die coronavirus klink: Wetenskaplikes aan die Massachussets Institute of Technology het die virus se struktuur in musiek getransponeer. Die wysie is deur kunsmatige intelligensie geskep en die universiteit sê dit kan navorsers help om fyner besonderhede van die virus te ontdek wat dalk voorheen misgekyk is. Professor Markus Buehler sê hy en sy span het dit reeds ingespan om sekere vibrasiepatrone vas te stel. Dit help om medikasie teen die virus te ontwerp. Luister hier na die "komposisie". Bron: BBC


    2 min
  • Wereldpolitiek en Covid19

    Die Covid19-pandemie gaan nie net ekonomiese gevolge hê nie, dit gaan wêreldpolitiek ook onherroeplik verander. Hoewel dit nog te vroeg is om te sê presies hoe, is daar basiese politieke beginsels wat dalk in die slag kan bly, sê die politieke ontleder Roland Henwood van die Universiteit van Pretoria. 

    7 min
  • Danie Gerber
    Die oud-Springbok Danie Gerber sê hy en sy dogter, Elanie, sterk goed aan na hulle positief getoets is vir Covid19.
    6 min

About Nuuspod

From the publisher's feed

Die tuiste van Afrikaanse stories agter die nuus.