Nuuspod

Nuuspod

By Izak Du PlessisNewsNews Commentary
Download on the App Store

Nuuspod episodes

  • Erns Grundling
    Die skrywer, joernalis en televisieaanbieder Erns Grundling hardloop elke dag 'n park run in sy oprit van 20 meter. Dit is 250 krieketlopies. En as hy klaar is raak hy diep filosofies oor ons en hulle wat verdamp voor die aanslag van 'n vyand wat nie eers weet hy baklei teen ons nie. Luister tot die einde, want Erns slaan jou asem weg met sy gedagtes.
    9 min
  • Die inperking van skrywers
    Watter inperking? Dis skrywers en boekmakers se reaksie as jy hulle vra hoe hulle die staat van inperking ervaar. Luister na die reaksie van Jeanette van Jaarsveld en Carina Stander.
    14 min
  • Gedwonge kwarantyn
    Twee dokters van Modimolle word na bewering teen hul sin in kwarantyn op die dorp aangehou. Die LUR vir gesondheid in Limpopo, Phophy Ramathube beskuldig die twee daarvan dat hulle die virus na Limpopo gebring het na hulle positief getoets is. Ten spyte daarvan dat Taryn Williams en Claire Olivier nie simptome het nie, is hul kragtens 'n hofbevel onder kwarantyn geplaas. Nuuspod het aan hulle regsverteenwoordiger, Llewellyn Curlewis gevra of die provinsie menseregte skend
    4 min
  • Afrika infeksiesyfers
    Lae Covid19-infeksiesyfers uit Afrika laat die wenkbroue lig. Daar word allerweë verwag dat armoede en ander maatskaplike probleme 'n slagveld van Afrika gaan maak vir die duur van die pandemie. Maar die syfers getuig nie daarvan nie. Nuuspod het aan 'n senior navorser by die Instituut vir Sekerheidstudies, Liesl Louw-Vaudran gevra hoekom dit so is.
    6 min
  • Die inperking van 'n fliekmaker
    Die fliekmaker Niel van Deventer het in Februarie tydens 'n oorsese reis besef Covid19 is 'n groot ding. Hy volg sedert sy terugkeer die syfers en is een van die mense wat lank voor die inperking sy gesin afgesonder het. Luister na sy die denkende bydrae hieroor.
    6 min
  • Dr Jantjie Taljaard
    Suid-Afrika se infeksiesyfers tov Covid19 is tans heelwat laer as wat verwag word. Maar dis net die stilte voor die storm. Nuuspod het in die lig hiervan met die infeksiespesialis by Tygerberg-hospitaal, dr Jantjie Taljaard, gesels. Luister hier na wat ons in die volgende week of twee kan verwag.
    11 min
  • Die inperking van 'n akteur
    Die akteur Gérard Rudolf is dankbaar hy kan die inperkingstydperk saam met sy geliefdes in Kaapstad deurbring. Hy is egter bekommerd oor wat met hom as vryskut gaan gebeur in die nadraai van die pandemie.
    3 min
  • Rokers kry swaar
    Ina Meintjies was so desperaat om te kan rook, dat sy sigarette by 'n smokkelaar gaan koop het. Maar dit het haar duur te staan gekom, het sy in 'n snaakse onderhoud met Nuuspod vertel.
    5 min
  • Drie scenario's vir Covid19
    Die Instituut vir Rasseverhoudinge het 'n verslag bekendgemaak waarin hulle drie scenario's skep hoe die Covid19 pandemie in SA kan uitspeel. Luister na Hermann Pretorius
    10 min

About Nuuspod

From the publisher's feed

Die tuiste van Afrikaanse stories agter die nuus.