Die skrywer Annemarie van Niekerk wat in Nederland woon, het bietjie meer as twee maande gelede die moeilike besluit geneem om haar gesin in Nederland agter te laat vir 'n skryfprojek en ander sake in Suid-Afrika. Haar terugvlug was vir 27 Maart geskeduleer. Toe kom lockdown. Maar die lugredery het belowe dat haar vlug nie gekanselleer sal word nie. Sy het dus die rit van Stilbaai af na die lughawe in Kaapstad met hoop in haar hart aangepak ...