Nuuspod

Nuuspod

By Izak Du PlessisNewsNews Commentary
Download on the App Store

Nuuspod episodes

  • Polisiegeweld
    Berigte van die polisie en weermag wat oordadige geweld gebruik om inperkingsmaatreëls af te dwing ontsteld talle Suid-Afrikaners. Die dood van 'n man van Alexandra was vir baie die laaste strooi en belangegroepe eis optrede. Nuuspod het met prof Rudolph Zinn, polisiekenner aan Unisa, hieroor gepraat. Fotokrediet: Mike Hutchins, Reuters.
    10 min
  • Dana raak die bliksem in
    In dié bydrae tref die fases van rou Dana behoorlik op sy eie in Jacobsbaai. Hy word 'n vinknes aangebied en hy oorweeg dit om skelm tuisgemaakte bier by 'n vriend te gaan drink.
    9 min
  • SA sal oukei wees
    Suid-Afrika het meer as 'n kat se kans om Covid-19 te oorleef, sê Frans Rautenbach, die skrywer van die boek South Africa can work. Hy vergelyk die land met ander lande en bied 'n bietjie lig in 'n donker tyd.
    7 min
  • Dana oor lydenstyd en lockdown
    In dié bydrae mymer Dana Snyman oor die toeval dat lydenstyd en lockdown saamval. In die tweede deel wonder hy oor die verlies van aanraking in die lig van vriende se hond wat dood is.
    8 min
  • Marianne Vorster-Meyer
    Die skrywer en kunstenaar Marianne Vorster-Meyer sê sy huil anders in lockdown. In die tweede deel van haar bydrae vertel sy hoe lockdown 'n integriteitsbepaler is.
    5 min
  • Plaaslike politiek en Covid19
    Die Coronavirus hou nie net gevolge vir die ekonomie in nie, dit gaan ook die politieke speelveld verander. Die ontleders Jan-Jan Joubert, Piet Croucamp en André Duvenhage besin in die bydrae daaroor.
    17 min
  • Annemarie van Niekerk

    Die skrywer Annemarie van Niekerk wat in Nederland woon, het bietjie meer as twee maande gelede die moeilike besluit geneem om haar gesin in Nederland agter te laat vir 'n skryfprojek en ander sake in Suid-Afrika. Haar terugvlug was vir 27 Maart geskeduleer. Toe kom lockdown. Maar die lugredery het belowe dat haar vlug nie gekanselleer sal word nie. Sy het dus die rit van Stilbaai af na die lughawe in Kaapstad met hoop in haar hart aangepak ...

    5 min

About Nuuspod

From the publisher's feed

Die tuiste van Afrikaanse stories agter die nuus.