
Sign up to save your podcasts
Or


Riaan Grobler, senior joernalis en subredakteur by News24, is 'n series-junkie. Maar meer as dit, hy verstaan die binnewerkinge van 'n goeie storie. Daar is dus niks wat hy nie weet van televisiereekse af nie. Hier is sy lys van tien reekse wat jy eenvoudig net moet kyk as jy met ander series-junkies wil saampraat.
Vir die meeste rokers is hulle skelm sigaretaankope tydens inperking 'n onskuldige bevrediging van hul onkeerbare lus vir nikotien. Die staat maak immers inbreuk op hul grondwetlike reg om lewenskeuses uit te oefen, nadat sigaretverkope tydens die staat van inperking verbied is. Maar daar sit baie meer agter daardie onskuldige "carton" waarvoor jy meer as dubbel die prys betaal, sê die skrywer van die boek Tobacco Wars, Johann van Loggerenberg. Van Loggerenberg, voorheen van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se eenheid wat sigaretsmokkelaars die stryd aangesê het, sê die oorsprong van rokers skelm sigarette is 'n georganiseerde misdaadnetwerk wat enigiets sal doen om hul produkte te verkoop. En nou is elf miljoen "onskuldige" mense as't ware deel van daardie misdaadnetwerk, en geen verskoning gaan jou verontskuldig nie.
From the publisher's feed