Nuuspod

Nuuspod

By Izak Du PlessisNewsNews Commentary
Download on the App Store

Nuuspod episodes

  • Weermagveterane kry swaar
    Veterane van die ou Suid-Afrikaanse Weermag is vasgevang in ellendige omstandighede sonder kos en behoorlike versorging. So sê die Veterane Bystandfonds wat deur oudlede gestig is om dié oudsoldate by te staan. Talle van hulle gaan boonop gebuk onder post-traumatiese stres wat nooit behandel is nie. Die bystandfonds sê hulle probeer om landwyd hulp te verskaf. Nuuspod het met die fonds se beskermheer Philip Moolman gepraat.
    12 min
  • RSG se objektiwiteit onder verdenking sê prof
    Die politieke ontleder prof André Duvenhage sê die radiostasie RSG se objektiwiteit is nie wat dit moet wees nie. Hy beskuldig ook mede-ontleders van onprofessionaliteit. Dit volg na Duvenhage op twee van RSG se programme sy mening oor die ANC en pres Cyril Ramaphosa moes verdedig teen wat hy meen 'n georganiseerde aanslag was.
    8 min
  • SA vrou vertel van agt weke in Bali tydens inperking
    ‘n Sakekonsultant van Suid-Afrika, Mariheca Otto, is pas terug in die land na sy vir agt weke in Bali ingeperk was. Otto is tans vir twee weke kwarantyn in Sandton, Johannesburg. Sy het aan Nuuspod vertel hoe dit gebeur het dat sy in Bali ingeperk was.
    18 min
  • Vraag na plaasprodukte oorweldig boere

    Die vraag na plaasprodukte direk van die boer het so toegeneem, dat dit sommige boere oorweldig. Dit volg na die inperkingsmaatreëls weens Covid19 mense se kooppatrone verander het. Kwessies soos paniekaankope, staatsregulasies, sakeondernemings wat ondergaan en Suid-Afrikaners se emosionele lojaliteit aan boere het meegebring dat talle Suid-Afrikaners nou direk by boere aankoop. Hoewel die landbougemeenskap die tendens as positief ervaar, het talle boere duidelik nie geweet wat op hulle wag nie. 'n Skaapboer wat vleis verpak en aflewer sê aan Nuuspod dat hy nog nooit so besig was soos nou nie. Nog 'n hoenderboer het laat weet hy kan nie nou 'n bestelling uitvoer nie, aangesien hy so oorweldig is met bestellings dat kliënte nou tot twee weke moet wag om hul bestellings te kry. Nuuspod het met Henk van de Graaff van TLU SA hieroor gepraat.

    5 min
  • Hoteleienaar sê oor Solidariteit en Afriforum se hulp
    Die hoteleienaar Deon Steyn, van Magoebaskloof, sê hy is dankbaar oor Solidariteit en Afriforum se moontlike regshulp. Dit volg na hy nie in aanmerking kon kom vir Covid19-hulp nie omdat sy hotel nie aan BBBEEE vereistes voldoen nie. Steyn sê hy het die kwessie met min Tito Mboweni bespreek.
    4 min
  • So gaan Solidariteit en Afriforum hoteleienaar help
    Solidariteit en Afriforum gaan die hoteleienaar Deon Steyn bystaan om geldhulp te kry. Rapport het gister berig dat Steyn se hotel in Magoebaskloof bykans al sy werkers moes laat gaan omdat Steyn nie vir Covid19-hulp kwalifiseer nie. Die hotel voldoen glo nie aan BBBEEE vereistes nie. Dirk Hermann van Solidariteit
    sê hulle regspan vergader reeds vandag om te kyk na verskeie regsopsies om namens Steyn op tree, insluitende die moontlikheid om hom ook deel van die grondwethof-aansoek te maak.
    4 min

About Nuuspod

From the publisher's feed

Die tuiste van Afrikaanse stories agter die nuus.