Nuuspod

Nuuspod

By Izak Du PlessisNewsNews Commentary
Download on the App Store

Nuuspod episodes

  • Alan Winde: Wes-Kaap gaan nie terug na vlak 5
    Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, sê die Wes-Kaap is in beheer van die stryd teen die Coronavirus en sal nie terugkeer na vlak 5 inperking nie. Dit volg na eise van die ANC dat die provinsie weer vlak 5 moet instel. Die provinsie het tans die hoogste gevalle- en sterftesyfer in die land.
    3 min
  • DA vra IMF om nie diskriminerende geldhulp toe te laat
    Die DA vra die Internasionale Monetêre Fonds om in te gryp by die diskriminerende toekenning van Covid19-geldhulp. Dit volg na aanduidings van die staat dat slegs ondernemings wat aan BBEEE-vereistes voldoen, gehelp sal word. Die tussentydse leier van die DA, John Steenhuisen, sê die virus diskrimineer nie op grond van ras nie, en daarom doen hulle 'n beroep op die IMF om in te gryp.
    3 min
  • "Aangehoudenes" in vervalle kwarantynkamp kan huis toe gaan.
    Mense wat in die Zithabiseni vakansieoord in kwarantyn gehou word, kan huis toe gaan. Dit volg na Afriforum in die hof aansoek gedoen het hiervoor. Die kampterrein is erg vervalle en nie geskik vir gebruik nie. Die staat het boonop geweier om toetse te doen vir die Coronavirus. Willie Spies, namens Afriforum het aan Nuuspod verduidelik waaroor die storie gaan.
    6 min
  • Staat kry g'n ons kospakkies, sê Saai
    Die landbou-organisasie Saai sê hulle sal eerder tronk toe gaan as hom kosvoorrade vir armes na die staat se pakhuise te stuur. Dit volg na die staat 'n regulasie afgekondig het dat privaat instansies nie kospakkies aan armes mag uitdeel nie. Theo de Jager van Saai verduidelik hoekom hulle so heftig gekant is teen die regulasie.
    8 min
  • Boeremarkte ontplof op Facebook
    Te midde van vrese dat die staat van inperking die land se ekonomie kan keel afsny, maak veral boere nou plan om hul produkte op ander maniere te verkoop. Gemeet aan die klandisie wat gelok word, is sosiale media een van die gewildste afsetpunte op die oomblik.
    5 min
  • Ode aan 'n entjie
    Die digter en skrywer Ricardo Arendse het besluit om op te hou rook nadat hy R120 vir 'n pakkie sigarette moes opdok. Dit volg na die verbod op sigarette nie gelig is vir die tweede ronde van inperking nie. Hier is sy skreeusnaakse ode aan daardie verslawend suigdingetjie wat mense op die oomblik laat gons. Ons het hom ook gevra waar kom die woord entjie vandaan.
    2 min
  • Vriende en gemeenskap red kaasbesigheid van ondergang
    Danie en Marietjie Crowther se kaasfabriek en restaurant moes noodgedwonge produksie tydens die staat van inperking staak. Verskillende faktore het meegebring dat hulle nie genoeg kontantvloei gehad het om aan te gaan nie. Toe roep hulle vriende se hulp in met verrassende gevolge. Luister na sy mooi storie in 'n moeilike tyd.
    3 min
  • Huur, verbandlenings en skuld in die grendeltyd
    Baie sakeondernemings en individue kan nie hul huur, verbandlenings en skuld betaal nie omdat hulle nie 'n inkomste in die grendeltyd verdien nie. Hoewel banke in sommige gevalle 'n soort verbandvakansie gee, gaan hulle nog steeds rente hef en skuldenaars se las gaan nie gou ligter word nie. Nuuspod het aan die prokureur en kredietwetkenner, Michael Lombard gevra wat vir ons in die nabye toekoms wag.
    5 min
  • Hoe gemaak as jy te bang is om terug te gaan werk toe tydens Fase 4?

    Talle werknemers moet vanaf 1 Mei weer aanmeld vir werk. Maar wat van die moontlikheid om aangesteek te word met die Coronavirus, mag ek weier om te gaan werk? Wie se regte weeg die swaarste, myne of my werkgewer s'n? Nuuspod het die vrae aan die regskenners Llewellyn Curlewis aan die Universiteit van Pretoriaf en Anton van der Bijl van Solidariteit gevra.

    10 min

About Nuuspod

From the publisher's feed

Die tuiste van Afrikaanse stories agter die nuus.