Talle werknemers moet vanaf 1 Mei weer aanmeld vir werk. Maar wat van die moontlikheid om aangesteek te word met die Coronavirus, mag ek weier om te gaan werk? Wie se regte weeg die swaarste, myne of my werkgewer s'n? Nuuspod het die vrae aan die regskenners Llewellyn Curlewis aan die Universiteit van Pretoriaf en Anton van der Bijl van Solidariteit gevra.