Johan van Lill praat met prof. Michael le Cordeur, visedekaan vir leer en onderrig aan die Universiteit Stellenbosch, oor ‘n kurrikulum vir die 21ste eeu. Suid-Afrika staan by ‘n kruispad. Om van hier af sukses te behaal, het ons ‘n skoolleerplan nodig wat die ongelykhede van die verlede aanpak, en kinders kan toerus met waardes, kennis en vaardighede vir die 21ste eeu.