Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Ons en die Onderwys:How many episodes does Ons en die Onderwys have?The podcast currently has 707 episodes available.
March 27, 2022Ons en die onderwys 27 Maart 2022Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert, 'n onderwyskundige en historikus, oor multi-graadskole. Bestaan sulke skole nog in Suid-Afrika, en hoe kry ‘n onderwyser dit reg om meer as een graad op ‘n slag in een klaskamer te onderrig?...more19minPlay
March 20, 2022Ons en die onderwys 20 Maart 2022Johan van Lill praat met Monique Strydom en Lizel van Eeden van die nie-regeringsorganisasie, Matla a Bana, oor die veiligheid van leerders. Hulle fokus op wat om te doen as ‘n leerder inligting deel wat te doen het met enige vorm van geweld by die huis of skool. Hoe werk die prosedures om dit te hanteer en aan te meld? Wat moet alles in ‘n skool so protokol hieroor verskyn....more24minPlay
March 13, 2022Ons en die onderwys 13 Maart 2022Johan van Lill praat met Juané van der Merwe oor die administratiewe regte en funksies van vroeë kinderontwikkeling wat skuif na die Departement van Basiese Onderwys. Wat hou die migrasie vir preprimêre skole in? Wat is die implikasies van Graad R wat verpligtend word? Hoe raak dit die vereiste kwalifikasies van Graad R-opvoeders?...more23minPlay
March 06, 2022Ons en die onderwys 6 Maart 2022Johan van Lill praat met prof. Elza Mentz van die Noordwes-Universiteit oor die impak van selfgerigte leer op onderwys. Byron Bunt en Deon van Tonder vertel van die gebruik van digitale tegnologie om formatiewe assessering te doen, na aanleiding van ‘n navorsingsprojek wat hulle by die Noordwes-Universiteit gedoen het....more22minPlay
February 27, 2022Ons en die onderwys 27 Februarie 2022Johan van Lill kyk na die fasilitering van vervlegde leer (blended learning) en hoe dit in 'n selfgerigte leer-konteks aangepak kan word....more20minPlay
February 20, 2022Ons en die onderwys 20 Februarie 2022Johan van Lill praat met Sally Langerman en Lynette du Toit oor die “curiosity approach” tot voorskoolse onderwys. Dis ‘n benadering wat wêreldwyd al hoe meer posvat, en Curro Rosen Castle doen dit al vir die afgelope drie jaar met hulle een- tot vyfjariges....more24minPlay
February 13, 2022Ons en die onderwys 13 Februarie 2022Johan van Lill praat met dr. Corné Kruger en prof Jako Olivier, albei van die Navorsingseenheid vir Selfgerigte Leer by die Noordwes-Universiteit, oor die omgekeerde klaskamer (flipped classroom) ter ondersteuning van metakognitiewe vaardighede vir selfgerigte leer....more21minPlay
February 06, 2022Ons en die onderwys 6 Februarie 2022Johan van Lill kyk na die gebruik van kooperatiewe leer in ‘n digitale omgewing, waar die leerders dit met die hulp van tegnologie doen, en hoe dit selfgerigte leer by leerders kan ontwikkel. Sy gaste is Roxanne Bailey en Sukie van Zyl, albei verbonde aan die Navorsingseenheid vir Selfgerigte Leer by die Noordwes-Universiteit....more23minPlay
January 30, 2022Ons en die onderwys 30 Januarie 2022Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor die rol wat die Dunning-Kruger-effek speel om leerders voor te berei om suksesvol en gelukkig in die wêreld te leef met die regte kennis en wysheid....more23minPlay
January 23, 2022Ons en die onderwys 23 Januarie 2022Johan van Lill praat met twee onderwyskundiges, dr. Chris Klopper en prof. Michael le Cordeur, oor wat die uitdagings is wanneer leerders se taal van onderrig verskil van hulle huistaal....more24minPlay
FAQs about Ons en die Onderwys:How many episodes does Ons en die Onderwys have?The podcast currently has 707 episodes available.