Johan van Lill praat met Danie van Wyk van die DAK Netwerk, Conrad Steenkamp van die Afrikaanse Taalraad, teoloog, skrywer en antropoloog Willa Boezak, en David Jantjies van die Moedertaalprojek, oor hoe onderwysers moet dink oor onderrig in Afrikaans. Hoe berei ek my leerders voor om situasies te hanteer wanneer hulle nie kan of mag kommunikeer in hulle moedertaal nie?