Johan van Lill kyk na die befondsing van onderwysprojekte. Skole en onderwysorganisasies het baie keer ekstra geld nodig vir verdienstelike projekte. Francois Viviers, uitvoerende bemarkingsbestuurder by Capitec Bank, verduidelik hoe maatskappye na sulke aansoeke kyk. Dr. Niel le Roux en Nelmarie Kemp van die Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans verduidelik ook hoe so 'n borgskapaansoek moet lyk, en gee wenke oor watter slaggate om te vermy.