Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Ons en die Onderwys:How many episodes does Ons en die Onderwys have?The podcast currently has 707 episodes available.
June 16, 201316 Jun 2013Nasionale Jeugdag word landswyd op 16 Junie gevier en dis veral jongmense se passie, toegewydheid en onwrikbare geloof in dit wat reg is, wat erkenning kry. Leerders van die Hoërskool Zwartkop val in dié kategorie en hulle sukses is legendaries! Verteenwoordigers van hierdie uitblinker-skool gee jou ʼn kykie agter die skerms....more25minPlay
June 09, 20139 Jun 2013ʼn Nasionale Beroepsgerigte Sertifikaat wat by ʼn VOO-kollege verwerf word, is ʼn goeie opsie vir persone sonder Graad 10, 11 en 12. So sê Ivan Swart, die Kommunikasie- en Geleentheidsbeampte van Northlink Kollege....more24minPlay
June 02, 20132 Jun 2013Vyf klippies, Blikaspaai, Wolf-wolf hoe laat is dit? Bok-bok, sakresies en Kat-en-muis – die arbeidsterapeut, Heleen Johnson, sê tradisonele speletjies is bobaas vir fyn- en groot motoriese ontwikkeling....more25minPlay
May 26, 201326 May 2013Spelterapie het talle voordele soos dat dit leerders help om toekomstige moeilike situasies te hanteer. Anthea Adams praat hieroro met ‘n kliniese sielkundige, Michelle Nel....more23minPlay
May 19, 201319 May 2013Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie se ondersteuning gee dryfkrag aan inisiatiewe wat op nasionale en plaaslike vlak uitgerol word. Anthea Adams gesels hieroor met Chris Klopper, Uitvoerende Hoof van SAOU....more23minPlay
May 12, 201312 May 2013Volgens navorsing dra armoede grootliks by tot leerders se swak vordering op skool. Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement se uitgebreide voedingskema poog egter om dié situasie om te keer....more24minPlay
May 05, 20135 May 2013Vir baie ouers is dit ʼn opdraande stryd om eksterne faktore wat dwelmmisbruik aanmoedig, af te weer. Die skoolsielkundige, Bridget Goosen, het raad....more23minPlay
April 28, 201328 Apr 2013Omgewingsfaktore soos bendegeweld, egskeiding of verandering in die leerder se familiestruktuur kan lei tot angs en depressie. ‘n Skoolsielkundige, Bridget Goosen, vertel waarna onderwysers, ouers en vriende moet oplet en hoe hulle leerders kan bystaan....more25minPlay
April 21, 201321 Apr 2013Leerders en onderwysers word amper elke dag blootgestel aan bendegeweld in en rondom die skool. Neville Goliath, John Linderts en Grace Ziegler vertel van inisiatiewe wat skole kan implementeer as voorkomingsmaatreëls teen bendegeweld....more25minPlay
April 14, 201314 Apr 2013Bendebedrywighede op skool is aan die toeneem en leerders en onderwysers word byna daagliks blootgestel aan een of ander vorm van geweld. ʼn Wanbalans tussen die waardestelsels van die skool en die gemeenskap is dikwels die vonk in die kruitvat....more26minPlay
FAQs about Ons en die Onderwys:How many episodes does Ons en die Onderwys have?The podcast currently has 707 episodes available.