Anthea Adams gesels met die opvoedkundige sielkundige, dr. ST Potgieter, oor drie belangrike aspekte om jou doelwitte te bereik: selfkennis, hulpbronne en ʼn ondersteuningsnetwerk. Elmien Smit van Riebeeckvallei Spesiale Skool en Natalie Jacobs van Soetendal Primêr vertel van hulle doelwitte vir die nuwe skooljaar en hoe hulle beplan om dit te bereik.