Haat, vooroordeel, stereotipering, zenofobie, boelie en diskriminasie kom nog gereeld voor in Suid-Afrikaanse klaskamers. Stan Henkeman en Lucrethia Arendse van die Instituut vir Geregtigheid en Versoening is besig met 'n projek ONDERRIG RESPEK VIR ALMAL waarin onderwysers opgelei word om by leerders respek vir mense van verskillende kulture te ontwikkel.