As deel van Kinderbeskermingsweek, kyk ons na wanneer 'n skool nie meer net 'n plek van onderrig is nie, maar 'n veilige hawe vir leerders word. Twee onderwysers van Silverstream Hoër in Mannenberg, Gadija Angus en die waarnemende hoof, Lesley Pieters, vertel van die uitdagings om skool te hou in die middel van 'n bendegeteisterde area.