Perspektief

Perspektief

Download on the App Store

Perspektief episodes

  • Burgerlike onrus in Frankryk
    Jannie Pelser en gaste, Louise du Toit en Pieter Duvenage kyk vandag na die dramatiese golf van burgerlike onrus wat deur Frankryk spoel, waar massiewe besuinigingsmaatreëls en ineenstortende openbare infrastruktuur tot hewige botsings, massa-arrestasies en wydverspreide ekonomiese gevolge gelei het. Maar hierdie is lankal nie meer net 'n Franse probleem nie. Van studente-stakings in België en Italië tot behuisingsonluste in Spanje—Europa staar 'n woedende herfs van ekonomiese ontevredenheid in die gesig wat dreig om sy politieke landskap te herdefinieer. Perspektief
    52 min
  • Plaaslike munisipale verkiesings 2026
    Jannie Pelser en gaste, Prof. André Duvenhage, Roland Henwood en Dr. Oscar van Heerden gesels oor die 4de November, waar Suid-Afrikaners na die stembusse gaan om nuwe munisipale rade te verkies. Dit gebeur teen die agtergrond van ernstige vrae oor dienslewering, finansiële bestuur en die vermoë van munisipaliteite om aan inwoners se basiese verwagtinge te voldoen. Politieke partye en kandidate is in die laaste fase van hul veldtogte om kiesers se steun te werf. Maar hoe groot is die publiek se belangstelling? Wat sê die groot verskeidenheid politieke keuses oor die toestand van ons demokrasie? En watter verskil kan hierdie verkiesing werklik aan plaaslike bestuur maak? Perspektief
    45 min
  • Die Christen en die plaaslike verkiesing – stem, swyg of wegbly?
    Suid-Afrika staan aan die vooraand van plaaslike regeringsverkiesings. Op Woensdag 4 November kry kiesers landwyd die geleentheid om hul stemme uit te bring en te help bepaal wie die volgende vyf jaar die munisipaliteite sal bestuur. Jannie Pelser en gaste, Ds Barnard Steyn, Dr Andre van Niekerk en Ds Danie Mouton gesels oor die Christen en die plaaslike verkiesing: moet hul stem, swyg of wegbly? Perspektief
    50 min
  • Die Kruis in branding
    Jannie Pelser en gaste, Prof. Fanie Snyman, Prof. Hennie Stander en Prof. Cobus van Wyngaard gesels oor die Kruis in branding. Die gebruik van ongeveer 3 000 kruise wat onlangs in Washington opgerig is, met die doel om volgens die organiseerders internasionale aandag op geweld teen die boerderygemeenskap te vestig, het heelwat gesprek ontlok. Dit bring ons by ’n breër vraag: Waarom die kruis? Wat beteken hierdie simbool, waar kom dit vandaan, en wat gebeur wanneer die kruis vir ’n bepaalde boodskap of saak ingespan word? Perspektief
    54 min
  • SA en VSA: hoe het ons hier gekom?
    Jannie Pelser en gaste, Prof. Antoni van Nieuwkerk, Prof. Andre Duvenhage en Gert van der Westhuizen gesels oor die verhouding tussen Suid-Afrika en die Verenigde State wat die afgelope tyd weer merkbaar versleg het. Die jongste ontwikkeling is Washington se besluit om reis- en visumbeperkings teen sekere Suid-Afrikaanse persone in te stel, te midde van toenemende diplomatieke spanning tussen die twee lande. Maar hoe het ons hier gekom? Wat lê agter die huidige ongemak tussen Pretoria en Washington, en waarheen kan die verhouding van hier af beweeg? Perspektief
    54 min
  • 49 Dae voor die plaaslike regeringsverkiesing - wat is op die spel?
    Ons is vandag 49 dae weg van die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November 2026. Dit is die verkiesing wat sal bepaal wie in ons munisipale rade gaan sit en hoe plaaslike regering daarna saamgestel en bestuur word.
    Vir die meeste Suid-Afrikaners is dit die regeringsfeer wat die naaste aan hulle daaglikse lewe staan – sake soos water, elektrisiteit, paaie, vullisverwydering, infrastruktuur en plaaslike ekonomiese ontwikkeling.

    Jannie Pelser en gaste, Prof. Pieter Duvenage, Ismail Joosub en Prof. Jan Venter gesels oor hierdie tema vandag. Perspektief
    53 min
  • Predikante SAAMkoms by Goudini – saam, stil, versterk en gestuur
    Nagenoeg 700 predikante en diensleraars van die NG Kerk het onlangs by ATKV Goudini bymekaargekom vir ’n besondere tyd van samesyn, lof en aanbidding, gesprek, ontspanning en onderlinge koinonia.
    Dit was doelbewus nie ’n sinodesitting, konferensie of gewone kerkvergadering nie. Die bedoeling was eerder om ruimte te skep waar predikante kon asemhaal, saam bid, kuier, groei en vier – en opnuut kon onthou dat hulle nie alleen in hulle roeping en bediening staan nie. Hier om ’n bietjie meer daarvan te vertel, is: Dr Maartje van der Westhuizen, Ds Rudie Swanepoel en Ferreira Marais Perspektief
    52 min

About Perspektief

From the publisher's feed

Kry 'n Goddelike perspektief oor wêreldse kwessies. Perspektief is ‘n aktualiteits program op Radiokansel 657AM, dit neem besprekingspunte verder deur daarna te kyk deur die lens van die Skrif.