Perspektief

Perspektief

Download on the App Store

Perspektief episodes

  • Skole sport onder druk
    Sport speel ’n groot rol in die lewe van baie Suid-Afrikaanse skole. Vir sommige leerders is dit ’n belangrike deel van hulle skoolervaring; vir ander is dit ’n ruimte waar talente ontdek en ontwikkel word. Dit bring ook skole, ouers, afrigters en gemeenskappe bymekaar. Maar die wêreld van skolesport het die afgelope tyd om verskeie redes onder die vergrootglas gekom. Jannie Pelser en gaste, Maretha Claasen, Dr. Jano de Beer en Dr Jaco Deacon bespreek hoe behoort ons oor skolesport te dink, wat is die plek daarvan in die lewe van ’n skool en, belangriker, in die lewe van ’n kind? Perspektief
    54 min
  • Die Christen, die Bybel en “politiek”
    Kan ’n mens ’n Christen in die volle sin van die woord wees en totaal onbetrokke bly by die sake van die dag? En wat, indien enigiets, het die Bybel ons te sê oor die Christen se verhouding tot politiek en openbare verantwoordelikheid? Jannie Pelser en gaste, Prof. Fanie Snyman, Prof. Jan-Albert van den Berg en Dr. Braam Hanekom gesesl oor hierdie belangrike tema Perspektief
    53 min
  • Betereinders bou ’n lewende monument van hoop & die nuwe Gaza-vredespoging
    Jannie Pelser en gaste, Ds. Schalk van Heerden en Ds. Johan Erasmus gesels oor die problematiek en uitdagings wat Suid-Afrika in die gesig staar. Suid-Afrikaners uit alle lae van die samelewing word bykans daagliks daarmee gekonfronteer. Boonop verval ’n mens sommer gou-gou in ’n gees van moedeloosheid en vrees oor wat die toekoms mag inhou. Juis daarom is dit verkwiklik om te hoor van inisiatiewe wat deel van die oplossing wil wees — veral wanneer dit sigbaar, verbeeldingryk en prakties is.
    En dan gesels Jannie met Jurie van der Walt oor die nuwe Gaza-vredespoging. Perspektief
    55 min
  • Afrikaners in die branding
    Jannie Pelser en gaste, Barend La Grange, Ds Schalk van Heerden en Frederik van Dyk gesels oor die tema: Afrikaners in Suid-Afrika: Praat ons by mekaar verby, of is daar nog gemeenskaplike grond? Perspektief
    54 min
  • Parlement, die Madlanga-kommissie en die verhouding tussen VSA en Iran
    Vanoggend gesels Jannie Pelser met drie uitsonderlike gaste oor sleutelkwessies wat plaaslik en internasionaal rimpelings veroorsaak:

    Parlement en die Madlanga-kommissie: Senior advokaat, Adv. Botes, gee vir ons eerstehandse terugvoer oor die vordering van die Parlementêre Ad Hoc-komitee.

    Die fyn kuns van Diplomasie: Die bekende politieke ontleder, prof. André Duvenhage, bespreek die deurslaggewende rol van ambassadeurs.

    Geopolitieke Spanning op 'n Mespunt: Die militêre strateeg, prof. Abel Esterhuyse, sluit die program af met 'n ontdeling van die uiters plofbare verhouding tussen die VSA en Iran. Perspektief
    52 min
  • Geen vervelige oomblikke in SA politiek!
    Jannie Pelser en gaste, Prof. André Duvenhage, Gert van der Westhuizen en
    Daniela Ellerbeck, gesels oor Suid-Afrika wat weereens 'n week beleef het waarin politieke ontwikkelinge mekaar teen 'n verstommende tempo opgevolg het. Van omstrede kabinetsaanstellings en diplomatieke verrassings tot Jacob Zuma se besoek aan die Gupta-familie in Indië, die regering se optrede teen ongedokumenteerde immigrante en toenemende druk op swak presterende munisipaliteite – daar is inderdaad min geleentheid vir 'n verveelde oomblik. Perspektief
    53 min
  • 30 Junie - 'n Waterskeidingsoomblik in die Suid-Afrikaanse sosio-politieke landskap
    Jannie Pelser en gaste, Ismail Joosub, Willem Els en Prof. Hein Willemse, gesels oor wat als gister 30 Junie 2026 gebeur het. 30 Junie, was ’n waterskeidingsoomblik in die Suid-Afrikaanse sosio-politieke landskap. Die selfopgelegde spertyd van die March & March-beweging het gelei tot massiewe betogings – van meer as 15 000 mense in Durban tot gespanne optogtes in Hillbrow en Kaapstad. Hoewel proaktiewe polisiëring en die ontplooiing van spesiale eenhede grootskaalse chaos en plundery voorkom het, sit ons vandag met die dieper, sistemiese vrae. Duisende immigrante sit in tydelike kampe of vlug na die grense, terwyl miljoene Suid-Afrikaners steeds antwoorde eis oor werkloosheid en mislukte grensbeheer. Perspektief
    55 min
  • Kerklike eenheid in die branding
    kykNET het onlangs ’n omstrede en indringende gesprek in hul aktualiteitsprogram Onthul uitgesaai met die titel: "Só skeur die susterskerke." Terselfdertyd wek die bekende en invloedryke NG Gemeente Moreleta Park in Pretoria opspraak met die stelling dat ruim 90% van hul lidmate nie meer tuis voel binne die groter NG Kerkverband nie. Dit laat die dringende vraag ontstaan: Hoe verder met die kerk? Ondergrawe die kerk homself binnensmonds, of is hierdie pynlike groeipyn bloot deel van ons reformatoriese wese om onsself voortdurend te hervorm?

    Jannie Pelser en gaste, Ds. Jan Lubbe, Ds. Rudie Swanepoel en Prof. Fika Janse van Rensburg duik saam in en bespreek hierdie tema. Perspektief
    53 min

About Perspektief

From the publisher's feed

Kry 'n Goddelike perspektief oor wêreldse kwessies. Perspektief is ‘n aktualiteits program op Radiokansel 657AM, dit neem besprekingspunte verder deur daarna te kyk deur die lens van die Skrif.