Raakvat Rugby!

Raakvat Rugby!

By Megafoon Sport!SportsRugby
Download on the App Store

Raakvat Rugby! episodes

  • Episode 1: Wat ons verwag van die Bulls en die Stormers in die URC Kwarteindes

    Die Bulls het alle verwagtinge oortref en tweede op die VRK punteleer geëindig, terwyl die Stormers bietjie teleurgestel het en in die vyfde plek beland het. Dit beteke die Bulls speel die naweek tuis teen Benetton terwyl die Stormers Glasgow moet reis om Franco Smith se manne daar te gaan aanpak.
    MW en Simon het gesels oor die VRK toernooi se sukses, gekyk na die Stormers se vertonings en kanse die naweek, en laastens ook oor die Bulls se uitstekende seisoen en kanse in die uitkloprondtes!

    45 min
  • Raakvat Rugby Omnibus: Episode 1

    ns doen dinge ‘n bietjie anders van nou af! In plaas van verskillende videos vir elke span, het ons al die gesprekke in een video gekombineer, en jy kan nou na die Bulls, die Lions en die Stormers se besprekings kyk in een video, en dan gesels ons ook sommer oor die SA Cup ook!
    Jy kan ook vooruit spring en na jou gunsteling span se bespreking gaan kyk – jy hoef nie na alles te kyk nie!
    Binnekort gaan ons die Sharks ook intrek, so lekker baie om na uit te sien!

    1 hr 21 min
  • S2E1: Het skeidsregterblapse die Lions 'n oorwinning gekos?

    Die Lions het so byna-byna laasjaar se oorwinning teen die Bulls op Loftus herhaal, maar 'n paar foute deur die skeidsregter het Lions-ondersteuners na hul vlugsout laat gryp. Ons het die wedstryd bespreek met Simon Riekert en Toeks Kotzé, en 'n paar interessante dinge wysgeword.
    Ons kyk ook na die res van die URC seisoen, wat nou presies halfpad is en bespreek oor die probleme rondom Emirates Airlines Park.

    33 min
  • S1E22: Rugby: Hoe ons dink die Wêreldbeker gaan uitspeel!

    Die Wêreldbeker begin hierdie week en die opgewondenheid neem toe! Ons gesels bietjie oor die vier groepe en wie ons dink kan elkeen wen. Ons voorspel dan ook die vier kwarteindrondtes, die halfeindrondtes en waag natuurlik ons groot voorspelling: Wie in die eindstryd gaan speel!
    Luister saam en laat weet wat jy dink!

    21 min
  • S1E21: Kan die Bokke sonder die Jacques en Rassie breintrust?

    Ons almal weet Jacques Nienaber is is pad Ierland toe na die Wêreldbeker, en almal verwag dat Rassie nog 'n paar jaar gaan bly en oorneem as afrigter. Maar die twee was nog altyd 'n gedugte kombinasie, en ons vra die vraag of die verlies van hierdie saamspan, die Bokke negatief gaan beïnvloed. Ons wonder ook oor wat kan gebeur as Rassie besluit om die pad te vat Ierland toe, en kyk na die kandidate wat in die ry staan.

    25 min
  • S1E20: Dis net suur druiwe, Jeff Wilson!

    Die All Blacks weet nie hom om te verloor nie! Dis baie duidelik gemaak nadat die Bokke hulle met 'n rekordtelling twee weke voor die Wêreldbeker afgeransel het, en Nieu-Seelandse kommentators na enige strooihalmpie begin gryp het om dit te verklaar.
    Rassie en Jacques het met innoverende denke ook al weer die rugbywêreld aan die gons, net soos in 2019. Daar is ook groot gewag gemaak van die Bokke se 7-1 plaasvervangersbank, en stemme het opgegaan om dit te verban.
    Ons hier by Raakvat Rugby het besluit om ons mening hieroor hard en duidelik te stel, en ons draai nie doekies om nie!

    18 min
  • S1E19: Wat op aarde het met die All Blacks gebeur?!

    Ons kyk terug na die laaste opwarmingswedstryde vir die Wêreldbeker wat die naweek plaasgevind het. Natuurlik was die groot storie die Bokke wat die All Blacks op verrassende wyse van die veld af gespeel het, maar daar was onmiddelik 'n hele paar stemme wat opgegaan het dat die All Blacks nie hulle bes probeer het nie, en dat die Bokke nie rerig so goed was as wat ons gemeen het nie. Ons gesels hieroor, oor die skeidsregter en die All Blacks se rooi kaart probleem.
    Ons kyk ook na die ander wedstryde die naweek, en veral die kragmeting tussen Skotland en Georgië omdat die Bokke eerste teen Skotland gaan opdraf.

    34 min
  • S1E18: Hierdie is geen vriendskaplike wedstryd nie!

    In ons naweek voorskou, gesels oor die wedstryd teen die All Blacks, en vra die vraag hoekom ons nou juis 'n opwarmingswedstryd moet speel teen ons aartsvyande twee weke voor die Wêreldbeker. Ons bespreek die belangrikste rolspelers en gee soos gewoonlik ons voorspelling van die telling. Ons kyk ook vlugtig na die ander wedstryde wat die naweek gespeel gaan word.
    Onthou ons gaan die wedstryd tussen die Springbokke en die All Blacks op ons kanaal stroom. Kyk uit vir die skakel!

    32 min
  • S1E17 Kan ons die Wêreldbeker aanpak sonder 'n betroubare skopper?

    Ons kyk soos gewoonlik terug na die naweek se wedstryde en bespreek veral die Springbokke se vertoning. 'n Paar spelers het hulle hande hoog in die lug opgesteek, maar Manie Libbok het nog steeds 'n klomp vraagtekens rondom sy skopwerk. Is hy die antwoord vir die Bokke, of is dit tyd om Pollard op 'n manier in die groep te kry?
    Ons kyk ook na die Iere teen die Engelse, asook hoe Frankryk teen Fiji gevaar het.

    32 min
  • S1E16 Druk ons Siya te gou?

    Die tyd vir eksperimente is amper verby, en die naweek se wedstryd teen Wallis is een van die heel laaste kanse om 'n paar dinge te probeer. Siya Kolisi het wonderbaarlik binne 109 dae herstel van 'n besering wat tipies tussen 6 en 9 maande vat, en hy kry Saterdag kans om sy staal te wys. Is dit te gou, of is dit deel van Jacques Nienaber se plan om sy spelers "battle-hardened" te kry?
    Ons kyk na die Wallis / Suid Afrika wedstryd, waag ons gebruiklike voorspellings en kyk ook na die Franse, Iere en Engelse. Daar is ook 'n paar ander nuusbrokkies waarna ons vlugtig kyk.

    Luister gerus en laat hoor van jou!

    31 min

About Raakvat Rugby!

From the publisher's feed

By Raakvat Rugby! gesels ons oor rugby en niks anders as rugby nie! Ons bespreek gereeld die nuutste verwikkelinge in die rugbywêreld, van internasionale rugby tot skolerugby en alles tussen in.